Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die Nuwe Maan op jou verjaardag beteken vanjaar sal die einde van die ou lewe en die begin van ’n nuwe wees. Jy sal dinge wil laat gebeur en dit sal. Daar is ’n paar regtig goeie verrassings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is aktief en ondernemend. Hulle is skerp en hou daarvan om hul verstand te gebruik. Op een gebied grens hul vaardighede aan genialiteit. Hulle koester vriendskappe en nabye verbintenisse. Hulle sal maklik vriende maak en hou hul vriende vir ewig.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is een van daardie dae dat die selfversekerde Waterdraer nie meer so vol selfvertroue is nie. Jy sal nie in staat wees om sonder onsekerheid ’n verstandige besluit te neem nie. Dis dalk ’n goeie idee om heeldag op die agtergrond te bly.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Om die een of ander vreemde rede is jy geneig om aan te hou hunker na die verlede. Al rede hiervoor, wat ek kan sien, is jy kry te doen met ’n probleem wat jy ’n ruk gelede opgelos het. Nou is dit anders.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal ’n groot klem op vriendskappe en hegte verbintenisse val. Dié fokus bring jou een tree nader daaraan om jou doelwit te bereik. Dis ’n goeie dag om uit te gaan en mense te ontmoet, veral op openbare plekke.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die nuwe maan bring vandag ’n nuwe reeks omstandighede vir besigheid en beroepe. Baie Bulle sal die een of ander soort bevordering kry. Dit is dalk nie ’n groot bevordering nie, maar jy’s darem boontoe op die leer.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die sterre vir vandag sorg vir baie interessante dinge in jou lewe – vandag en in die komende maanmaand. Van hierdie dinge behels reis, advertensie of dinge wat met boeke of godsdiens te doen het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis tyd om seker te maak jou rekeninge is in orde. Dit gaan goed genoeg, maar jy moet jou vinger op die pols hou. Jy weet wat laas keer gebeur het toe jy dinge hul gang laat gaan het. Jy wil nie hê dit moet weer gebeur nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die sterre wat jy vandag het, kan twee moontlike gevolge hê. Of jy begin ’n ope oorlog of jy raak skielik baie geheg aan iemand. Ek weet watter een ek dink jy moet kies, maar die Leeu sal doen wat Leeus doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Vandag begin ’n nuwe era vir werksake. Dis nie so belangrik nie, maar dinge sal verander. Dit sal aanvanklik waarskynlik subtiel wees, maar dan verander dit heeltemal. Die goeie ding is jy sal nou gelukkig wees en ook met die eindelike veranderinge.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Die nuwe maan val vandag in jou hoek vir liefde en romanse. Dit bring ’n wonderlike atmosfeer vir liefde en toegeneentheid. Met hierdie sterre sal iets moois gebeur en dit sal jou liefdeslewe inkleur. Dit laat jou gelukkig voel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met grond en eiendom te doen het. Met hierdie sterre is dit moontlik dat ’n groot transaksie sal plaasvind met jou wat of koop of verkoop. Natuurlik is huur of verhuur ’n ander moontlikheid.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Motors, reis en algemene rondbeweeg sal belangrik wees. Vir sommige Boogskutters is die rede hiervoor dat die viertrekvoertuig versien moet word en verstellings nodig het ¬– jy wonder of jy dit kan bekostig. Dis ’n dag vol besluite.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Probeer om gister se probleme uit te stryk sonder dat jy ontsteld raak. Die Nuwe Maan sal vandag jou energie effens dreineer. Jy sal dus geneig wees om alles heeltemal te ernstig op te neem. Bekommernisse oor geld moet nou uitgestryk word voor dit te laat is.