JOU DAG

Stel vas wat die basis van die geheim of misterie is wat jou aan die raai het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vir ’n Leeu het jy ’n groot behoefte aan privaatheid. Maak in die volgende 12 maande seker jy onttrek jou nie te veel aan ander nie. Jy het ’n wye reeks talente om die wêreld te bied.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

’n Kind, tiener of vriend vertel dalk nie vir jou die volle waarheid nie. As jy slim is, sal jy hul woorde ontsyfer om vas te stel wat eintlik aan die gang is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verhoudings en verantwoordelikheid gaan tans hand aan hand. Jou geliefdes sal nie beïndruk wees as jy verpligtinge probeer ontduik nie. Probeer dus pligsgetrou en diplomaties wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met die maan, Saturnus en Neptunus in jou werksones moet jy jou moue oprol en begin werk. Hoe meer kreatiwiteit jy vir jou professionele projekte aan die dag lê hoe meer suksesvol en produktief sal jy wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is ontvanklik vir vleiery. Moenie omgepraat word om iets te doen wat jy nie wil doen nie, veral as dit geld behels. Haal jou rooskleurige bril af en kyk na die feite.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter maak tans jou geldsake voorspoedig – solank jy nie meer bestee as wat jy verdien nie. ’n Praktiese benadering by die werk bring groot voordele mee.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Naby verhoudings is tans verwarrend en dis dalk vir jou moeilik om tussen feit en fiksie te onderskei. Vra raad by ’n wyse vriend of mentor.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar is baie geheime en intriges om jou, maar wees versigtig met wie jy dit deel. Daar sal geleenthede wees om ander oor jou toekomsplanne in kennis te stel, maar kies jou vertrouelinge versigtig.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Venus wat agteruit deur jou werksone beweeg, moet jy probeer om ekstra diplomaties te wees teenoor ’n moeilike kollega wat jou dalk kan ontstel met ’n besluit wat skynbaar uit die bloute kom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die omstandighede is gunstig vir vriendskappe uit die verlede. Dit is dus ’n goeie tyd om weer met ’n ou vriend kontak te maak. Jy put uit jou kunssinnige kant wanneer jy kortstondig met die kreatiewe kind in jou kennis maak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om jou strategie vir sosiale media met vasberadenheid en baie styl aan die gang te kry. Tans tel wie jy ken, nie wat jy weet nie. Bou dus kontakte op, Steenbok!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat steeds deur jou verhoudingsone agteruitbeweeg, kan ’n vennootskap frustrerend en problematies word. Vermy enige groot veranderinge of besluite tot ná 6 September.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer vandag eerlik, bondig en op die man af wees wanneer jy met ander praat. Anders sal jy net die mense om jou met jou deurmekaar tirades en verskillende boodskappe verwar.