Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar ’n hoogs openbare aanstoot jou seermaak. Dit gaan jou aanspoor om die mense uit jou lewe te verwyder wat niks daartoe bydra nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hulle sal graag die lewe verken. Hulle sal in die beeldende kunste en in die Oosterse gevegskuns belangstel. Hulle het ’n goeie verstand met goeie retensievermoë. Hulle is soms ’n bietjie te intens en dogmaties. Hulle gaan beskermend teenoor familie wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Een of twee goed gaan vroeg skeefloop en jy sal die meeste van die dag probeer inhaal. Dink terselfdertyd aan jou geldsake.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy gaan van plan verander oor ’n paar belangrike sake. Een hou verband met vriende of mense met wie jy goed oor die weg kom. Moenie alles bederf en swaarmoedig wees nie, al voel jy dis geregverdig.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms bring vandag se sterre die een of ander prys mee, maar dit gebeur nie dikwels nie. Dié sterre lei gewoonlik tot situasies wat jou ego streel en jou goed laat voel. Dit klink na ’n goeie dag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar blyk ’n soort kommunikasie met of deur ’n vriend of groep vriende te wees. Dit is moeilik om te bepaal wat die kommunikasie is of selfs hoe hulle met jou kommunikeer, maar dit sal jou bly maak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy dink weer aan lang afstande. Meestal dink jy aan reise van vroeër, pleks van dit wat nog moet kom. Dalk moet jy die verlede eenkant toe skuif en konsentreer op die huidige sterre wat voordelig is vir reis.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry ’n bielie van ’n rekening wat jy nie kan ignoreer nie. Dit kan amper enigiets behels, maar die sender is dalk ’n staats- of semistaatsinstelling en hulle ken van geld eis.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis een van daardie dae dat jy beter met ’n maat of in ’n groep raak. Dis nie ’n geval van onvermoë om dié take te verrig nie; dit het meer te doen met ingewikkelde sake uit die weg ruim.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir werksake. Met hierdie sterre gaan jy dit dalk selfs regkry om effe vooruit te kom; dus kan jy môre ’n bietjie ontspan en regmaak vir die naweek. Jy kry nuus van verhoogde uitgawes.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is nog goeie sterre vir liefde en romanse. Al wat jy nou nodig het, is geleenthede, maar dit is maar dungesaai. Dit is niks nuuts nie. Gelukkig het jy die geduld om te wag tot sake beter lyk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy nader die einde van die week en die einde van ’n projek wat al ’n ruk aan die gang is. Daar is ’n element van die bittersoet aan hierdie einde. Dit is iets wat jy geniet het; jy wil nie hê dit moet ophou nie.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Gewoonlik is Donderdag ’n besige dag, want jy begin die rommel opklaar wat gelos word deur dié wat net rommel los en aanbeweeg. Jy gaan ’n bietjie ongelukkig wees omdat jy dit alleen moet doen, maar iemand moet.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dit is ’n bietjie laat in die week vir nuwe projekte, nogtans begin jy met iets. Met hierdie projek is dit blykbaar jy wat idees uitdink, terwyl die hooggeplaastes die eer daarvoor kry.