Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre lyk vanjaar goed. Jy kan moontlik iets groots wen. Koop dus gereeld ’n loterykaartjie. Dit is ’n jaar van uitbreiding. Jy sal ingeperk voel en smag na nuwe uitdagings om baas te raak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Vir hierdie baba lê daar ’n goeie lewe voor. Hy of sy sal gelukkig, talentvol en geesdriftig wees en sukses behaal. Hulle sal goeie oordeel en ’n ruim wêreldbeskouing hê en eerlikheid, geregtigheid en opregtheid hoog aanslaan. ’n Baie aangename mens.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring vorige dade of optrede aan die lig. Die goeie nuus is dat dit nie iets is wat jou aan die hakskeen kom byt nie, maar iets goeds wat jy ’n ruk gelede gedoen het wat eindelik vrugte afwerp.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir samesyn met vriende en vennote. Die sterre is ook gunstig vir drome bewaarheid. Sit die twee bymekaar en jy geniet dalk ’n partytjie of die een of ander viering.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal ’n doelwit bereik. Aangesien dit naweek is, vermoed ek dit het iets met ’n stokperdjie of belangstelling te doen. Gewoonlik beteken hierdie sterre jy beweeg na ’n nuwe en hoër vlak van die een of ander tydverdryf.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal jou arms stompies werk en die hartseer deel is dat niemand genoeg sal belangstel in wat jy doen om jou te wil help nie. Die goeie nuus is dat jy dit heel goed sal afhandel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy oordink goed waarin Steenbokke nie gewoonlik belangstel nie. Met dié dat jy ’n kardinale teken is, sal jy kort voor lank die vervelige goed uitsluit en jou aandag vestig op dit waaraan jy wil dink en werk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het wonderlike sterre vir die huwelik en vennootskappe. As jy een van die gelukkige trougaste is, kan jy verwag om ‘n interessante dag te beleef. Jy sal iemand ontmoet wat in ’n later stadium ’n uitwerking op jou sal hê.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou gedagtes sal verruimend wees. Jy het ’n paar take om af te handel, maar dit lyk of dit maar net nie vir jou wil vlot nie. Dit is dalk raadsaam om ’n kenner te vra om van die ingewikkelder take van meet af aan behoorlik te voltooi.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jupiter sal vir ’n bietjie opwinding in jou liefdeslewe sorg. Vir party Ramme is dit ’n nuwe liefde, maar vir die meeste is dit ’n hoogtepunt in die liefde en toegeneentheid wat na hulle toe uitgestraal word.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir harmonie rondom die huis. Dié sterre bring buitengewone toestande mee. Saam met die huislike harmonie beloof dit lekker tye. Dis jou gelukkige dag.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy sal boodskappe van liefde en toegeneentheid kry. Dit sal kom van mense van wie jy hou en wat moontlik verwant is. Dit lyk ook of daar saam gekonkel word om vir iemand ’n verrassingspartytjie te reël. ’n Prettige dag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou geldsake lyk goed. Jy kan dalk ’n gelukslag slaan. Maar dit sal nie groot wees nie en jy moenie dink jy gaan oornag ryk word nie. Jy moet weet wanneer om op te hou.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal jou denke verruim. Jy sal oor jou lewe besin en besluit die tyd is geleë om die perke ’n bietjie te verskuif. Die geluksgodin sal ’n ruk aan jou kant wees.