Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir die jaar lyk lieflik, en jou lewe neem ’n positiewe wending. Die jaar se hoofelement is jou liefdeslewe. Die fisieke sy van jou verhoudings sal opvlam en die lewe sal goed wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens gaan hou van plesier, avontuur en opwinding. Hulle sal gewild wees onder die teenoorgestelde geslag. Hulle is selfverseker, ondernemend en kunstig en is vaardig in een besondere kunsvorm. Hulle sal geld maak – en dit bestee.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre dui baie aktiwiteit aan; meestal gaan jy van bakboord na stuurboord om iemand tevrede te stel. Die sterre sê nie wie dit is nie, maar dit is duidelik iemand wat vir jou belangrik is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, maar as jy iets ekstra verdien, moet jy dit stilletjies doen. Soms moet jy mense die minimum vertel en jou kanse op sukses in jou toekomstige projekte verbeter.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets waarop jy gehoop het gebeur. Dit hou verband met iets wat jy wil hê, iets wat jy nie gewoonlik met mense bespreek nie. Dit is dalk ’n droom wat jy koester, maar waaroor jy nie praat nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou status kan effens verbeter. Ek sou dink vandag se sterre is voorlopers vir jou toekoms as baas van die plaas. Van nou af sal jy versigtig moet wees dat jy nie ’n misstap begaan en alles in die wiele ry nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Met hierdie sterre kan jy selfs ’n aanbod kry wat jy met moeite van die hand sal wys. Oorweeg die moontlike gevolge voor jy besluit. Wees ferm maar aangenaam.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre bring ’n verbetering in status. Ek sou graag wou sê jy kry ’n groot bevordering, maar die beste wat ek kan sien, is dat jy ’n bietjie vorder in die pos wat jy nou het. Tog, jy vorder.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal die tot omstandighede lei wat jy gedink het nooit sou gebeur nie. Ongelukkig sal jy nie hierby kan stilstaan nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir werksake. Hierdie sterre bring ’n hartlike atmosfeer. Dit kan ook soms ’n aanbod oplewer wat jy met moeite van die hand sal wys. Dink goed na oor enige aanbod.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is lieflike sterre vir intimiteit, liefde en romanse. Al wat jy nou nodig het, is verlof sodat jy dié toestande ten volle kan benut. Ongelukkig sal jy die middag besig wees. Daar is altyd vanaand.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Soms weerspieël vandag se sterre jou gesondheid. Gewoonlik is dit iets goeds; as jy die afgelope ruk dus effe olik gevoel het, sal vandag jou beter en gelukkiger laat voel. Dit lyk ook goed by die werk.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring goeie sterre vir liefde en romanse. Daar is dalk ’n bietjie meer aksie as wat die Leeu op een slag kan hanteer, maar jy is ’n taai kalant; jy sal jou beste gee.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou geldsake begin beter lyk. Dit is omdat iets op ’n end kom en die uitgawe verbonde daaraan sal ophou. Daar is ook goeie sterre vir grond of eiendom koop of verkoop. Dit is nie iets waarin jy jou halsoorkop moet begewe nie.