Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar goeie sterre vir uitbreiding. Jy begin voel jou lewe is op ’n manier beperk. Jy wil aan en vorentoe beweeg, en jy sal. Dis ’n jaar waarin dinge eindelik beter uitdraai.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is ’n leier. Dits iemand wat bewonder word en deur baie nagevolg word. Hulle het wye belangstellings en ’n groot groep vriende en kennisse. Hulle is gelukkige mense met ’n slim humorsin. Hulle is ook lojale vriende.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal heelwat tyd bestee om dinge reg te maak wat, hoewel nie heeltemal reg nie, tog nie so verkeerd is nie. Dit is net dat jy daarvan hou om alles behoorlik af te rond. So begin daarmee.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Hou jou gedagtes vir jouself. Moenie eens vir die mense wat jy in die verlede vertrou het, iets vertel nie. Met jou huidige sterre is dit byna seker dat iemand jou in die steek sal laat. Hierdie persoon is iemand wat jy vertrou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het baie om te doen, maar daar sal so baie onderbrekings wees dat jy sal begin wanhopig raak oor of jy dit alles gedoen sal kry. Aan die einde van die dag sal jy skielik besef jy het dit wat jy beplan het om te doen, uit die oog verloor.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag kry jou ego en algemene aansien ’n klein maar welkome hupstoot. Dit sal jou nie in die strate laat dans nie, maar soms is dit lekker dat jou pogings raakgesien en waardeer word. Dit gebeur nie baie nie, nè?

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal ontwrigting wees met of weens ’n reis. Vir sommige Visse sal die reis behels dat hulle na ’n ander staat of oorsee gaan, maar vir die meeste is die reis niks meer as om betyds by die werk te kom nie. Dit kan moeiliker wees as wat jy dink.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou gesamentlike geldsake verbeter effens. Dit kan ’n wen beteken, maar dis nie baie waarskynlik nie. Dit kan egter nie kwaaddoen om met ’n Lotto-kaartjie te waag nie. Soms gebeur sulke goeie goed. Iets wat jy gedink het weg is, kom in die ope.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is dalk ’n goeie idee om alleen te werk. Dis nie dat jy nie sal baat vind by die hulp van mense wat weet wat hulle doen nie, maar met jou huidige sterre sal julle waarskynlik net in mekaar se pad wees.

TWEELING (21 Mei-21Jun.)

Soms bring die sterre wat jy het, probleme deur diere. Dalk besluit Wagter die posman se been lyk smaaklik en hy moet dit proe of Tom is toe eintlik Thomasina en verras jou met dierbare klein katjies.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jupiter is goed vir jou persoonlike besittings en geldsake. Vandag het jy die regte stemming om te sien hoe jou balansstaat uit die rooi na die swart beweeg. Dit is goed om dit te sien.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Sommige mense lewe en leer; ander leef net. In watter kategorie jy val, sal deur vandag se gebeure geïllustreer word. Jy kan ’n herhaling van ’n situasie ’n ruk gelede verwag. Hoe gaan jy reageer?

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy voel in sak en as vir die eerste deel van die dag, maar dan kyk jy na waar jy in die week is en sien daar is net ’n kort tydjie oor voor dit naweek is, en jou gemoed raak beter. Verwag die onverwagte.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets eindig en terselfdertyd lyk jou geldsake beter. ’n Mens kan vergewe word omdat jy gedink het hierdie twee dinge hou verband. Dalk is die einde dat jy jou kredietkaartskuld vereffen. Uit die skuld, uit die moeilikheid.