Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar vind baie veranderinge plaas. Van die veranderinge sal jy self maak en ander sal net oor jou pad kom. Jy kyk om jou en besluit jy voer ’n vervelige bestaan en smag na ’n ander lewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is nogal slim op ’n spesifieke gebied, waarskynlik fisika of meganika. Dalk is hulle baie geïnteresseerd in karre of ’n ander vervoermiddel. Hulle is nogal ietwat eksentriek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets uit die verlede, moontlik ’n fout wat jy of iemand anders gemaak het, word opgehaal en jy regverdig weer jou optrede en posisie. Wens jy nie party mense kan sake net met rus laat nie?

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir samesyn met vriende en kollegas. Dikwels lei die sterre wat jy vandag het daartoe dat jy saam met vriendelike mense werk en wens jy kon net sosialiseer sonder om werk te hê om te doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is die een wat vir ’n rukkie die besluite neem. Dikwels lei die heersende steromstandighede daartoe dat mense jou in die steek laat en jy alleen die las moet dra. Jy gee nie om nie, maar ’n bietjie erkenning sal waardeer word.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou gedagtes is weer by ver plekke en jy droom daarvan om op die Champs-Élyséés te stap. Hierdie keer lyk ’n reis na Parys of ’n ander ver plek net so ’n bietjie meer bereikbaar. Kry solank die papierwerk reg.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag kry jy onverwags ’n rekening. Dit sal jou nie arm maak nie, maar dis groot genoeg om ’n duik in jou spaargeld te laat. Dis een van daardie dae dat jy maar net sal moet stilbly en betaal, want kla sal nie help nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag is daar ’n skielike en aangename hupstoot vir jou gewildheid by ’n sekere persoon. Dis goed, want hoewel jy nie die uitgeworpene was nie, was jy ook nie juis die gewildste een nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy doen nuwe en ander werk. Dit verskil nie so baie van jou gewone werk nie, maar is anders en jy sal vir ’n rukkie nogal onseker voel. Die onsekerheid sal verbygaan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is baie goeie omstandighede vir liefde en romanse, maar dis natuurlik ’n werkdag en tensy jy ’n baie goeie baas het, sal die kanse op ’n middagkuiertjie skraal wees. Daar is darem nog vanaand en dalk ’n romantiese ete vir twee.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig. Dis nie juis iets groots nie, maar dit laat jou jou planne vir vandag en dalk die res van die week heroorweeg. Dis ’n tyd om goed te dink voor jy jou tot iets verbind.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy maak jou reg om op een plek te bly en van jou werk af te handel, maar skielike gebeure sal jou in sirkels laat hardloop. Dit sal pret wees, maar is nie juis produktief nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Jy sal nie aan die einde van die dag skatryk wees nie, maar sal waarskynlik ’n bietjie beter af wees. Kyk in die sakke van jou jasse en baadjies wat jy lanklaas aangehad het – jy mag dalk ’n verrassing kry.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag kyk jy na wat om jou gebeur en sien hoe mense van ander misbruik maak. Dit lyk nie of jy veel daaromtrent doen nie, maar jy kan daaroor nadink en later jou sê sê.