Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die omstandighede vanjaar is uitstekend. Die beste deel van die jaar is jou liefdeslewe. Jy deel liefde uit en ontvang dit in gelyke hoeveelhede. Daar is ook goeie sterre vir geldsake, maar meestal deur bevordering.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is baie aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle sal in die kunste belangstel en sal nogal vaardig in een of meer genre wees. Hulle sal waarskynlik in skilder en skets belangstel. Hulle is vrolike mense.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre om tyd saam met familie of bure – veral familie – deur te bring. Die sterre kan dui om ’n soort familiebyeenkoms. Dalk is dit ’n troue of verlowingsparty. Dis alles goed.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou geldsake lyk goed, maar dis nie ’n teken dat jy dit nou op luukshede kan uitmors nie. Die sterre wat jy het beteken in die algemeen jy spaar geld deur winskopies te koop of dit kan selfs beteken jy verkoop iets teen ’n lekker winsie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Venus, die godin van liefde, is in jou teken geaktiveer en sal goeie omstandighede vir omtrent enigiets meebring. Dis veral goeie omstandighede om jou voorkoms te verbeter ¬deur jou hare te stileer of om jou aantrekliker te maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is tans goeie sterre. Dit kan omstandighede van die verlede meebring, maar dit sal jou goed laat voel en daar sal ’n gevoel van kameraderie wees. Dit lyk of dit ’n lekker dag gaan wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie omstandighede om saam met vriende te wees. Hierdie sterre sal nie materiële gewin inhou nie, maar jy sal saam met mense wees van wie jy hou en wat van jou hou. Jy kan dus verwag dat die dag goed sal verloop. Daar is ook goeie omstandighede vir vanaand.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dinge om jou verander. Dis moeilik om te sê presies wat dit is, want die veranderinge is hoofsaaklik baie persoonlik. Die spesiale omstandighede laat jou gelukkig en tevrede voel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die aantrekkingskrag van ver plekke sal jou gedagtes besig hou en jou voete laat jeuk. Wat veroorsaak dit? Waarskynlik ontmoet jy mense wat pas van ’n ver plek teruggekeer het of dalk lees jy te veel reisbrosjures.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is baie goeie omstandighede vir jou gesamentlike geldsake. Hierdie omstandighede sal jou dalk nie ryk maak nie, maar daar is goeie omstandighede vir geld om in te kom. Vir party Steenbokke sal die geld kom deur nog ’n werk te doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Venus is aktief in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings. Dit bring goeie omstandighede mee vir liefde en romanse. Dis die sterre wat jy nodig het wanneer jy by partyjies is of op plekke waar jy interessante, beskikbare mense ontmoet.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het vandag goeie sterre. Hierdie sterre sal kontak met aantreklike, plesierige mense meebring. Dis baie welkom dat die omstandighede meebring dat jy goed lyk en dus die regte mense se aandag trek. Vanmiddag en vanaand is spesiaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Venus, die godin van liefde en romanse, is aktief in jou hoek vir liefde en romanse en veroorsaak goeie omstandighede. Dit beteken jy sal aantreklik lyk en die spesiale persoon in jou lewe sal met meer liefde en toegeneentheid na jou kyk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dis ’n goeie dag om huisverbeterings te doen, veral in die kombuis. Die vertrekke waar jy die meeste ontspan, kan ook doen met verbetering. Kyk dus na die sitkamer en vra jouself of nuwe meubels nodig is. Ek dink dit sal wel die geval wees.