:

JOU DAG

Jy het goeie sterre om gemotiveerd en georganiseerd te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n rustelose, avontuurlustige siel. Dit is belangrik dat jy fisiek besig bly en ook jou brein stimuleer deur aan te hou leer. Streef daarna om tevrede te wees met wat jy het.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis ’n goeie dag vir roetinetake en werkies by die huis of in die kantoor. Jy is gemotiveerd en as jy hard werk, sal jyk steeds tyd hê om iets te doen wat jy regtig geniet.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Moenie jou vriende afskeep nie! Hoe meer jy jou vriendskappe koester hoe meer vriende sal jy hê en hoe meer verbonde sal jy voel. Luister mooi na ’n kind of tiener.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Saturnus spoor jou aan om groter verantwoordelik vir jou fisieke gesondheid te neem. Versorg jou liggaam met gesonde kos en gereelde oefening. Jou gedissiplineerde pogings sal in die toekoms vrugte afwerp.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Mars marsjeer deur jou teken tot 9 Augustus. Streef dus in die volgende paar weke daarna om onbeskroomd en aangenaam, passievol en proaktief, asook selfversekerd en gefokus te wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Kreatiewe katte het ’n vrugbare verbeelding. Maak dus die meeste daarvan, veral by die werk. Wat ’n huishoudelike saak betref: daar is meer aan die gang met ’n familielid as wat nou duidelik is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vir Maagde in ’n verhouding is dit tyd om die romanse aan te vuur. Berei ’n smulleker ete of beplan ’n spesiale aandjie uit. Enkellopendes kan liefde vind by iemand wat op praktiese maniere kreatief is.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Maak seker jy kom al die vereistes na as jy besorgd is oor ’n kwessie by die werk. Jupiter is in jou sone vir netwerkvorming en dus sal sjarme, selfvertroue en vriende jou ver neem.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Moenie aanneem dat jy al die antwoorde het nie. ’n Ouer familielid of vertroude mentor kan jou waardevolle insigte gee. Jy kan ook baie by ’n ou vriend leer.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Daar is nuwe ervarings en geleenthede aan die werksfront. Hou dus jou oë en ore oop. Hoe meer jy met kollegas en kliënte saamwerk hoe beter sal jou dag wees.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Moenie op jou eie tob oor ’n verhoudingskwessie nie. Jy sal ander (ook familielede) se raad en insette nodig hê as jy die beste besluit wil neem.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre om met kollegas en geliefdes saam te werk. Deel inligting en maak tyd vir ander – dit sal jou in die komende weke in ’n gunstige posisie plaas.

VIS (20 Feb-20 Mrt.)

Jy is gretig om vandag ’n wye verskeidenheid mense te ontmoet. Party Visse sal iemand uit hul verlede raakloop en ander sal weer met ’n oorsese vriend kontak maak.