Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal sake glad verloop. Jy sal op ’n towertapyt van geesdrif weggevoer word, maar iemand of dalk ’n groep wat jy vertrou, laat jou in die steek. Onthou dit en bly altyd ’n bietjie geslote.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal belangstel in dinge wat anders is. Hulle kan selfs ’n belangstelling hê in oudhede of rariteite. Hulle is geneig om soms ’n bietjie te gemaksugtig vir hul beswil te wees, maar is aangename mense.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring verandering. Jy het geen beheer daaroor nie en dit sal jou effens pla. Moenie toelaat dat dit jou onderkry nie. Daar is meer belangrike dinge waaroor jy moet dink en bekommerd wees. Probeer lewendige besprekings vermy.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal geldprobleme wees, maar sê my wanneer in die afgelope tyd was daar nie. Hierdie keer sal enige verliese wat jy ly nie te erg wees nie, maar dit sal jou nie eintlik raak nie. Waterdraers steur hulle nie veel aan verliese nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is Mars en Neptunus in kontak. Dis betekenisvol en omdat die kontak in jou teken is, sal jy dit voel. Jy ly klein verliese deur iemand wat jou vertroue in hulle skend.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy droom oor vorige pogings en omdat jy die Ram van die diereriem is, is dit vorige oorwinnings. Ongelukkig is Neptunus betrokke, dus sal jy dié dinge ’n ryk lagie gee wat dit nie verdien nie. Daar is geen wet teen droom nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Gewoonlik bly jy by een taak op ’n slag, maar vandag voel jy verskeidenheid kleur werklik die lewe in. Jy besluit om jou lewe op te helder deur nuwe dinge te doen. Jy doen dit nadat jy jou roetinetake afgehandel het.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Soms lei die sterre wat jy vandag het daartoe dat jou waaksaamheid verslap en feite en voorvalle onthul wat jy sou verkies om vir jouself te hou. Hou dit in gedagte wanneer jy gesels en probeer om op jou hoede te bly.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die Kreef hou gewoonlik nie daarvan om risiko’s te neem nie en wanneer jy dit doen, is dit berekende risiko’s wat in werklikheid beteken dis glad nie risiko’s nie. Dit sal die dinge wat jy vandag sal doen duideliker laat uitstaan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is rekeninge wat jy nie verwag nie, maar jy hou daarvan om net voort te gaan en die rekeninge te ignoreer. Dit is dus nie juis ’n verrassing nie. Maar die grootte van die rekening en waarvoor dit is, sal jou verras. Jy haat verrassings.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dis nooit wys om jou opinie op ander af te dwing nie. As jy nie nou daarvan bewus is nie, sal jy teen die einde van die dag wees. Gee jouself ’n ontsnappingsroete wanneer jy met mense praat. So spaar jy jou vernedering later.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is dinge wat jy wil doen en jy beplan om dit te doen ondanks die gesukkel gister en selfs laas week. Maak liewer seker jy is op veilige grond wanneer jy veranderinge maak. Sommige mense hou glad nie van verandering nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre sal jou nie na ’n ander planeet vat nie, maar dit sal jou laat goed voel, veral as jy ’n middagbreek kan inpas. Moet net niks doen om ongemaklike werksituasies te skep nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

As jy sensitiewe sake op ’n baie openbare manier moet bespreek, maak seker jy doen dit so dat jy kan sê jy het oor ’n onbekende persoon of persone gepraat. Moet niks doen wat waarskynlik jou reputasie sal skaad nie.