Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar sal vanjaar ’n paar struikelblokkies wees. Jou lewe sal glad verloop, maar skielik sal daar hindernisse wees wat jou vooruitgang belemmer. ’n Geneigdheid om onbesonne goed aan te vang sal nie help nie. Jy het ook ekstra verantwoordelikhede.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is ’n vegter. Dit is iemand wat lank en hard werk om hul doelwitte te bereik, maar die voorsienigheid het ander planne; wanneer hulle daardie doelwitte in sig het, ry iets buite hul beheer alles in die wiele.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag moet jy op jou voorkoms let. Nie dat jy gewoonweg so iets sal ignoreer nie, maar vandag moet jy die regte indruk skep by almal wat jy teëkom. Daar is talle redes daarvoor; almal goeies.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die tyd is geleë om tyd saam met vriende en kennisse deur te bring, veral dié wat heelwat ouer as jy is. Die sterre dui ook aan jy moet nou langdurige probleme aandurf.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Met vandag se sterre sal jy bes moontlik iets bereik. Wat jy bereik, hang meestal van jou persoonlike horoskoop af, maar een ding is seker: Jy sal heel ingenome wees met hoe alles verloop.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar kontak met verre plekke. Presies hoe dit by jou lewe inpas, is nie seker nie, maar jy sal tevrede wees met hoe alles tot dusvêr verloop het. Vir sommige Visse lei vandag se sterre tot ’n langafstandreis.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het alles mooi beplan: dit wat jy wil afhandel, dit wat jy aan almal wil sê en die mense met wie jy wil werk. Dis goed om vir die dag te beplan, maar met vandag se sterre kan enigiets gebeur.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die Bul was nog nooit die soort mens wat verantwoordelikhede versaak nie; dit is ook maar goed so, want vandag bring ekstra verantwoordelikheid. Net wanneer jy dink jy kan nie veel meer hanteer nie. Dit getuig van hoe sterk die Bul is.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is goeie sterre vir werk, maar dit is naweek en Kersfees kom vinnig nader. Jy wil daarom glad nie aan werk dink nie. Die dag begin so, maar eindig nie so nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar uitstekende sterre vir die liefde, romanse en alle hegte verhoudings. Jy geniet dalk nie die passie en energie waarvan die Kreef hou nie, maar dit wat vandag gebeur, het iets permanents daaraan, wat lekker is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal ’n projek afsluit of dalk eindig dit vanself. Maar hierdie einde sal blykbaar sloer en jy raak ongeduldig omdat jy al met die volgende projek wil begin.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het ’n reeks kort reise beplan, maar jy kon nie die vertragings en ongerief wat volg, kon voorsien nie. Daar is min wat jy hieraan kan doen; dit sal jou vertraag, ongeag wat jy doen.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar lê bekommernisse oor geld vir jou voor. Dit is nie ernstige probleme nie, maar jy sal jou tande kners en wens sekere mense sal darem hul gesonde verstand gebruik of minstens met jou praat voor hulle sekere items koop.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag blyk dit jy vorder taamlik stadig. Dit sal die grootste deel van die dag so gaan. Met die sterre soos hulle vandag lyk, moet jy klein treë neem en as dit nie werk nie, werk dit nie.