Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Dis ’n goeie dag om op kreatiewe maniere te kommunikeer deur te skryf, te praat en boodskappe te stuur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende jaar is dit tyd om vaste fondamente tuis en in jou plaaslike gemeenskap te verseker. Weerstaan die drang om jou eie ding te doen. Mentor ander en moedig hulle aan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die omstandighede is goed vir kreatiewe projekte en jy soek vandag opwinding en verskeidenheid. Maar jou geduld met roetinetake, beterweterige mense en frustrerende familielede sal min word.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verhoudings met geliefdes sal vandag onvoorspelbaar wees omdat die planete jou emosies omkrap. Jy is gretig om ander te help, maar moenie meer belowe as wat jy kan doen nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is baie gesellig en kuier, gesels en sosialiseer. Vriende en geldsake is nie ’n goeie kombinasie nie – hou die twee dus apart.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n wonderlike tyd om goeie kos en vrolike geselskap te geniet. Die sterre gee jou ekstra energie – gebruik dit konstruktief deur fisieke aktiwiteite of kreatiewe projekte.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is gereed om te skitter! Die omstandighede is gunstig vir allerhande prettige aktiwiteite omdat die son, Venus en Mars in jou teken is. Jou profiel op sosiale media sal ook op opwindende maniere die aandag trek.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius en Jupiter beweeg albei deur jou teken en dit stimuleer jou verbeelding en gee dit vlerke. Wees op die uitkyk vir ’n kreatiewe projek waaraan jy regtig lekker sal werk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis die perfekte dag om saam met iemand spesiaal te wees. Gee jou maat ’n verrassingsgeskenk, woon kultuurgesellighede by, gaan op ’n inkopietog, maak ’n maaltyd vir familie en vriende of raak blitsvinnig dolverlief!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis tyd vir die skerpsinninge Skerpioen om die meeste van die kollig te maak en jou professionele ambisies te bevorder. Jy werk hard daaraan om jou doelwitte te bereik, maar moenie in die proses jou lewe by die huis afskeep nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy voel vrygewig en jou warm, vriendelike geaardheid trek positiewe mense na jou aan. Behou jou internasionale konneksies. Wees geduldig en jy sal ryklik beloon word.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie ongewone en nuwe maniere van doen afmaak of kritiseer nie. As jy uit ’n groef en in ’n nuwe, innoverende roetine probeer kom, sal jy die oplossing vir ’n dringende probleem vind.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy intellek en innovering kombineer, sal jy wonderlike, oorspronklike idees kry. Wat die liefde betref, is jy in die bui om waagmoedig, ontwrigtend en dwars te wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is lus om vandag kort-kort jou planne te verander. Jy droom van opwindende, nuwe moontlikhede vir die toekoms. Weerstaan die begeerte om spandabelrig of onverskillig met skuld te wees.