Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jy jou meer op jou eie behoeftes en begeertes toespits as op ander s’n. Dis nie ’n probleem nie, maar dit gaan jou reputasie aantas. Soms dring die kosmos op so ’n benadering aan.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas gaan hoë, edele ideale hê. Hulle gaan eerlik en geesdriftig wees en sal dus goed met mense oor die weg kom. Hulle is energiek en opreg, en enige projek waarmee hulle besig is, sal hulle enduit boei.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

’n Goeie gevoel omring jou. Iemand gaan dalk die wind uit jou seile wil kom neem. Moenie dat dit jou raak nie; geniet jou geluk en die goeie dag wat die sterre beloof.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Sake gaan goed verloop tot jy ’n haakplek teëkom en alles dreig om skeef te loop. Moenie jou bekommer nie; dis nie so sleg soos wat dit aanvanklik gelyk het nie. Haal diep asem en begin van voor.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie tekens vir tyd saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre kan selfs die een of ander soort partytjie bring, maar dis die middel van die werkweek; almal gaan dus ’n oog op die horlosie hou en dink aan die volgende dag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Ek weet nie wat dit gaan wees nie, maar jou ego, en in ’n mate jou aansien in die algemeen, gaan ’n hupstoot kry. Daar is mense wat jou dophou; moenie grootkop voorkom nie, want mense verpes dit.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Op die een of ander manier gaan geestelike seremonies belangrik wees. Hierdie sterre dui dikwels op ’n naderende troue of doop, en al die geselligheid wat daarmee gepaardgaan. Daar gaan ook nuus uit die verre wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring goeie en slegte nuus. Die slegte nuus is ’n rekening van ’n groot maatskappy soos ’n versekeraar of regeringsinstelling. Die goeie nuus is dat die rekening nie so groot gaan wees soos soortgelyke rekeninge wat jy al gekry het nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is ’n redelik goeie tyd om in ’n vennootskap of groep te werk. Jou sterre gaan jou lawwe goed laat aanvang wat jy nie gewoonlik doen nie; jy sal dit ook goed doen. Jy gaan agterna baie goed voel.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk of jy aan die begin van die dag ’n bietjie olik gaan voel; dalk nie so sleg soos wat jy al gevoel het nie, maar sleg genoeg dat jy tuis wil bly. Ongelukkig kan jy nie; jy sal moet deurdruk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Sake lyk goed vir die liefde en romanse. Wat ’n jammerte dat dit nie naweek is nie sodat jy dit voluit kan benut. Maar jy het darem nog vanaand. Dit is wanneer jy jou Ram-ding kan doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou gedagtes is by die huis en hoe jy iets daar tot ’n end kan bring. Jou sterre dui meestal die ondergang van die een of ander elektriese toestel aan. Dalk gee jou broodrooster die gees net wanneer jy dit nodig het.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Wanneer jy vanaand voor die TV sit, gaan jy terugkyk op die dag en sien dit was meestal gewy aan kommunikasie van die een of ander aard. Jy gaan oproepe maak en selfs briewe skryf. Onthou jy nog briewe?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy moet na jou geldsake kyk. Te oordeel na jou sterre gaan daar rekeninge wees wat jy moet betaal, maar bowenal is daar items wat jy vir jouself wil koop; dus moet jy seker maak jy het genoeg in die bank.