Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n bedrywige, produktiewe jaar te wees. In hierdie tyd is jy baie betrokke by ’n saak. Jy doen jou bes. Dit lyk asof jy maar min hulp van ander kry. Vermy sinlose konfrontasies met kliënte.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal heeltyd aan die gang wees. Hulle sal graag take uitvoer en na plekke gaan. Hulle stel belang in ’n verskeidenheid sportsoorte, maar is veral geïnteresseerd in sport waar spoed of dalk selfs ’n tikkie gevaar betrokke is. Hulle is gelukkig en talentvol.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Geld of besittings veroorsaak spanning. Soms bring jou huidige sterre diefstal of verliese mee. Dis dalk ’n goeie idee om jou waardevolle besittings op ’n veilige plek te bêre; die agtersitplek van die kar is nie so ’n plek nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Mars wat in jou teken geaktiveer is, bring goeie omstandighede vir enige aktiwiteit wat aksie of energie behels. Dit beteken jy moet daaraan dink om take af te handel wat jy al te lank opsy skuif omdat dit kwansuis te moeilik is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Ondanks die feit dat dit ’n Maandag is of dalk juis daaroor het jy lus om te ontspan en die lewe te geniet. Maar Mars is geaktiveer en sal daarvoor sorg dat jy nie kan ontspan nie. Gaan maar saam met die stroom en handel soveel moontlik af.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir persoonlike prestasies. Dit lyk nie vir my of jy met hierdie sterre Everest oorwin nie, maar jy sal dinge doen wat jy gewoonlik as buite jou kundigheid beskou. Jy verras jouself.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met die sterre wat jy tans het, kan jy verwag om min ruskans gedurende die dag te kry. Jy sal eerstens jou gewone takies hê en dan sal ekstra take volg omdat iemand nie hul werk betyds gedoen kry nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die sterre behoort vandag harmonie en opgeruimdheid mee te bring. Dit maak dit ’n goeie dag vir enige aktiwiteit wat fisieke aksie behels. Dis dalk ’n goeie tyd om met jou beplande oefenprogram te begin.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou gesamentlike geldsake loop vandag deur of dalk het jy dit die naweek ’n gevoelige knou gegee en kyk jy vandag wat die skade is. Hoe ook al, vandag bring jou terug aarde toe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die goeie nuus is, danksy jou sterre sal jy baie energie en geesdrif hê. Die slegte nuus is, jy sal energiek wees en jouself dalk sny, brand of op ’n ander manier beseer omdat jy nie versigtig genoeg is nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Mars is in jou hoek vir gesondheid geaktiveer en dit beteken dikwels daar kan ’n reeks klein maar irriterende beserings wees. Gewoonlik is die beserings deur jou eie toedoen en dan wil jy jouself skop.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Mars die aktiveerder is geaktiveer in jou hoek vir die liefde en romanse en dit hou dikwels in dat jy situasies reël waar liefde en romanse heers. Probeer onthou dat jou idee van wat romanties is, dalk nie dieselfde as iemand anders s’n is nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy is gretig om die week aan die gang te kom met ’n nuwe, opbouende projek wat na verwagting vandag begin. Jy sal waarskynlik begin, maar dis dalk wys om stadig en bedaard te begin, as jy kan.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis gewoonlik slimmer om rusies oor sekere onderwerpe te vermy omdat mense ’n verdedigende houding kan inneem wat na ’n aanvallende een versleg. In so ’n situasie wen niemand nie. Hou jou dus daar uit.