JOU DAG

’n Lewendige, opgewekte houding sal vandag vir jou voordeel inhou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om te werk aan probleme met geliefdes. Met ’n sterk gesinsgrondslag kan jy enige berg uitklim of deur enige storm seil.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel vandag fisiek en geestelik rusteloos en dit is dus nodig dat jy ’n bietje uitkom. Doen dinge wat jou verstand en lyf oefening gee. Jy ondersoek nuwe idees, vriendskappe en plekke.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Om superbesitlik oor ’n mens of ding te wees sal net tot ’n klomp moeilikheid en drama lei. Probeer om nie so selfsugtig te wees oor wat jy het en die mense vir wie jy lief is nie!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy het meer onafhanklikheid in jou persoonlike verhoudings nodig, maar het jy dit al met jou geliefdes bespreek? Mars help jou om selfversekerd te verduidelik wat jy wil hê.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om nie geheimsinnig of humeurig te wees wanneer jy vandag met ander praat nie. Hoe meer reguit en openlik jy is, hoe beter sal die dag wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die versoeking om baasspelerig te wees. Jy is in die bui vir ’n groot avontuur, maar moenie sommer net sê wat eerste in jou gedagtes opkom nie. Onthou, dis beter om sekere dinge ongesê te laat bly.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Breek los uit jou groef en verander jou gewone roetine. Avontuur en opwinding roep. Jy wys jou spontane kant wat iewers sluimerend is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis die perfekte dag om spontaniteit en avontuur deel van jou verhouding te maak. Enkellopendes moenie oorversigtig wees nie. Soek iemand slim, sexy en spontaan.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Het jy al vir jouself doelwitte vir die res van die jaar gestel? Hulle moenie te veilig en verstandig wees nie! Met Jupiter in jou sone vir hoop en wense moet jy daarna streef om avontuurlustig, passievol en proaktief te wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag baie spontaan en inspireer ander met jou goeie bui en aansteeklike entoesiasme. Jy is ook grootmoedig en help iemand wat hulp nodig het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is gewillig om oor ’n huidige probleem te praat, maar jy kan teenstand van geliefdes verwag. As jy bereid is om buigsaam te wees, sal julle ’n bevredigende oplossing kan bereik.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie verwag dat almal by die werk jou sal ondersteun nie. Hulle gee nie om hoe slim of kreatief jy kan wees nie. Hulle wil net weet of jy die werk behoorlik en betyds kan doen.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is wonderlike geselskap wanneer jy in die bui daarvoor is. Met joviale Jupiter in jou verhoudingsone is dit tyd om ander te beïndruk met jou gesellige gesprekke en avontuurlike benadering.