Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar bring die eerste werklike struikelblok mee in ’n projek waarmee jy ’n ruk gelede begin het. Dit gaan jou tydelik van stryk bring, maar alles vlot weer binnekort. Jou mening oor belangrike onderwerpe gaan verander.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas sal ’n goeie verstand en goeie retensievermoë hê. Hulle gaan hoë en edele ideale asook integriteit hê wat hulle geskik maak vir ’n amp wat vertroue verg. ’n Geneigdheid om te dagdroom sal sjarmant wees, maar nie juis produktief nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is nie in die Maagd se geaardheid om liggeraak te wees nie, maar vandag is ’n uitsondering. Dit pas nie by iemand so prakties en behulpsaam soos jy nie; probeer dit dus in toom hou. Jy kan selfs om die blok gaan draf om van dié gevoel ontslae te raak.

LIBRA (Sept. 24 to Oct. 23)

Mense vra jy moet iets vir hulle regmaak; dit gaan jou besig hou. Jy gaan alles doen wat van jou verwag word, maar vanaand gaan jy terugkyk op wat alles van jou verwag is en besef hoe ongelooflik onvolwasse dit was.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geldsake sal jou vandag kwel. Jy moet die wiel aan die rol kry, maar het jy die ekstra kontant? Bowenal moet jy hierdie keer ’n geldkrisis vermy. Leef dus binne jou vermoë.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die maan in haar eerste kwartier val in jou teken. Dis nie baie belangrik nie, maar dit gaan jou voor die eerste struikelblok te staan bring in ’n projek wat jy onlangs begin het. Dit gaan jou dwing om baie by die huis te werk of op jou eie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die eerste kwartier van die maan in jou 12de hoek gaan onwelkome oponthoud en moeilikheid teweegbring. Dit help nie jy verloor jou humeur nie; dit is die Steenbok se lot om ander se werk te doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kom weer voor ’n dilemma te staan. Dit blyk deesdae die norm te wees, want jy is al gewoond daaraan. Kies die maklikste uitweg met die minste onsekerhede.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek van werk, ego en aansien. Jy gaan jou jongste poging regverdig en hoop die mense wie se mening jy die meeste op prys stel, sien dit raak.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar gaan interessante besprekings wees, meestal oor esoteriese sake. Dit lyk nie asof jy juis gaan baat vind by dié gesprekke nie; maak daarom seker jy gee niemand ’n lelike klap nie. Dieselfde geld vir langafstandkommunikasie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dis dieselfde ou storie: Iemand gaan opsetlik hindernisse op jou pad plaas en jy gaan daarrondom moet werk. Boonop gaan daar van jou verwag word om dit met grasie te doen, soos jy maar gewoonlik doen.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Die maan in haar eerste kwartier kom in jou hoek vir die huwelik en vennootskappe binne. Dit beteken hoofsaaklik jy gaan vandag met iemand werk, dalk met mede-Tweelinge, wat soos jy ingestem is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die eerste kwartier van die maan in jou hoek vir werk veroorsaak werkprobleme; molshope word berge. Daar word nie terugslae voorspel nie, maar daar sal irritasies wees en jy vertel mense wat jy daarvan dink.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou liefdesterre lyk belowend. Dit is nie genoeg om jou in die wolke te sit nie, maar gee jou wel vanmiddag iets om te doen. Jy kan dit ook vanaand doen as jy moet; jou sterre lyk ook goed daarvoor.