Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is vol nuwe ontdekkings. Boonop sal dit uitkom dat dinge wat jy gedink het jou verbeelding is, waar is. Jy sal dit waag om te sê as jy onregverdigheid sien. Daar is goeie nuus en ’n wonderlike aanbod.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is vindingryk, veelsydig en oorspronklik. Hulle is probleemoplossers en dink lateraal om probleme te takel, maar is soms ’n bietjie eksentriek. Hulle is geneig om in die algemeen sukses in die liefde en lewe te bereik.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vir baie Visse is dit tyd vir ’n bietjie bemarking. Dis nie vir jou maklik om af te skakel en te aanvaar dat die wêreld sonder jou insae aanhou draai nie. Die goeie nuus is dat daar nou en later vanjaar goeie werksomstandighede is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is daar baie goeie omstandighede vir liefde en romanse, en gevolglik sal ’n ideaal verwesenlik word. Dis niks skouspelagtigs nie, maar dis lekker dinge wat jou bly maak. Iemand sal baie vriendelik wees met jou.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy dink diep oor werksake. Jy dink daaraan om veranderinge aan te bring, maar jy is nie seker of jy dit nou moet doen of moet wag nie. Die veranderinge beteken meestal jy beëindig ’n projek.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Reis en beweging sal weer belangrik wees. Vir sommige Tweelinge is dit ’n tyd om besprekings te maak, maar die meeste dink in hierdie tyd waarheen hulle wil gaan en hoekom. Vir party beteken dit hulle kry ’n nuwe voertuig.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is weer bekommerd oor jou geldsake. Gelukkig is daar niks om oor bekommerd te wees nie, want dit lyk of jou geldsake binnekort sal verbeter. Jy moet dalk weer dink oor onlangse aankope.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Iemand verklaar hul liefde aan jou en jy kan dieselfde sê. Gelukkige omstandighede heers vandag en vanaand raak dit selfs beter.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is gesprekke oor troeteldiere. Dalk moet jou hond of kat veearts toe gaan vir daardie jaarlikse inspuitings of dalk is daar ’n nare besering. Wat ook al dit is, daar is goeie omstandighede om die dinge af te handel.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets wat jy wil hê, gebeur. Met een planeet in jou hoek vir liefde en romanse en een in jou hoek vir hoop en wense is dit relatief maklik om uit te werk wat sal gebeur. ’n Sensitiewe benadering help.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het goeie sterre om sake af te handel, veral rondom die huis. Hierdie sterre is meestal goed om een ding te eindig sodat jy dit met iets moderner en meer gevorderd kan vervang. Jy is vandag gelukkig.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Reis is weer belangrik. Jy sorteer dinge uit vir ’n langafstandreis en terselfdertyd sake wat daarmee te doen het om net in die buurt rond te beweeg. Slaan remme aan en dink “spaarsaamheid”.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy is weer besorg oor geldsake, maar dit lyk of dit vir die Steenbok ’n permanente dilemma is. Moenie jou so bekommer nie. Dinge sal uitwerk en jy sal genoeg hê dat jy nie armlastig sal wees nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met die huwelik en intimiteit te doen het. As jy daaraan dink om af te haak, moenie langer daaroor tob nie. Doen iets daaromtrent en doen dit behoorlik. Dis die een ding wat jy nie wil verbrou nie.