Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar een of twee terugslae wees. Dit is hoofsaaklik sake waaroor jy min of geen beheer het nie. Jy verbreek ou vriendskappe of mense sal net van jou af weg beweeg en jy sal wonder wat gebeur het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is vegters. Hulle werk hard en doen die regte ding, maar iets wat op die nippertjie gebeur, keer dat hulle sukses bereik. Hulle het ’n uitstekende verstand, is vlug van begrip en buigsaam. Hulle sal baie drome hê.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag se sterre is goed, maar soms dui die sterre wat jy het op die een of ander dom magstryd. Dikwels gaan die stryd oor dinge wat jy andersins sal beskou as te kinderlik om jou daaraan te steur.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre vir vandag het ’n invloed op ’n paar dinge. Die eerste is gesondheid en die ander is werk. Soms is dié dinge onderling verbind en het jy dalk ekstra werk omdat iemand met siekverlof is. Dis ’n besige dag.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre is goed vir jou liefdeslewe en dinge wat met jong mense, veral babas en klein kindertjies te doen het. Dit lyk of dit alles neerkom op groter verantwoordelikheid vir jou – weereens.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar ongewone steromstandighede. Jy sal meer werk en minder tyd hê om dit te doen. Jy ken dit, maar wat ongewoon is, is jy kry alles betyds en soos versoek afgehandel.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms bring die sterre wat jy het geleenthede mee vir persoonlike verbetering. Jy moet die bul by die horings pak en seker maak jy kry dinge afgehandel. Dan moet jy seker maak jou pogings word raakgesien.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geld veroorsaak weer groot bekommernis. Dikwels bring die sterre wat jy het rekenings mee wat so groot is dat jy hulle nie kan ontwyk nie. Maar weens jou huidige sterre gebeur iets en jy kry dit reg om ál jou probleme of die meeste daarvan op te los.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die Boogskutter was nog nooit iemand wat hom laat onderdruk nie, selfs al is die onderdrukker die baas wat vir jou sê wat om te doen. Jy wys jou onafhanklikheid en laat mense besef jy is iemand om mee rekening te hou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dikwels laat die sterre wat jy het jou buierig en negatief voel en dit lyk asof hulle jou vandag ook so laat voel. As jy dus buierig begin voel, skud die gevoel vinnig af en doen iets interessants.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag heers ’n effens negatiewe stemming tussen jou en vriende of kennisse. Dis nie so ernstig nie, maar jy sal nie lus wees vir gesprekke met van die mense wie se geselskap jy gewoonlik geniet nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is die planeet Saturnus in jou hoek vir werk en jou loopbaan geaktiveer. Dit dui altyd daarop dat jy verantwoordelikheid moet aanvaar, maar dit beteken nie dat jy altyd ekstra betaal word vir die verantwoordelikheid wat jy aanvaar nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het tans goeie sterre vir ’n hele paar dinge. Een is reis, veral reis oor diep water. Nog een is om die een of ander soort godsienssaak te reël. Daar is ook goeie sterre om diep oor sake na te dink.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is rekeninge wat jy verwag het en ander wat onverwags kom. Hoekom is dié wat jy nie verwag nie altyd groter as dié wat jy verwag? Dis nou jou kans om uit te vind. Jy sal die rekeninge binnekort kry.