JOU DAG

Die volmaan laat die fokus val op werksake en persoonlike verantwoordelikhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die mag om ander met jou verbeeldingryke idees te beïnvloed, maar jy sal aan jou selfvertroue moet werk. Teen Desember of Januarie is daar liefde in die lug.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Slaan die remme aan en dink vandag voor jy praat. Anders kan jy maklik die verkeerde ding sê en onbedoeld ander ontstel. Die volmaan plaas die fokus op jou loopbaan-area.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Die volmaan gee jou hoek vir kommunikasie en studie ’n hupstoot. Dis ’n wonderlike tyd om jou brein oefening te gee terwyl jy so kreatief moontlik praat, boodskappe stuur, twiet, navorsing doen of gesprekke voer.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Die volmaan plaas die fokus op gesamentlike geldelike ooreenkomste. Maak dus seker jy verstaan jou verantwoordelikhede en kom jou verpligtinge na. Enkellopendes is lus vir kuier en speel.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Venus en Jupiter sal party gelukkige Krewe se bankbalans ’n hupstoot gee of ’n verleidelike ou of meisie oor jou pad laat kom. As jy in ’n vaste verhouding is, kan jy die volgende 24 uur intensiteit weens die volmaan verwag.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Party Leeus se fokus is ferm op die verlede terwyl die volmaan in jou geheue-area geaktiveer is. Dis in orde om te onthou, maar moenie dat ou griewe jou onderkry nie. Handel sake af en kyk vorentoe!

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die volmaan veroorsaak energie in jou vermaak-area. Hou op om so hard te werk en jou so baie te bekommer en kies om ’n bietjie pret te hê. Jy geniet dit dalk!

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar sal waarskynlik drama tuis wees wanneer die volmaan en Pluto ’n reeds gespanne situasie aanvuur. Span jou diplomatiese vaardighede in – maar moenie in die kruisvuur beland nie!

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

’n Intieme verhouding word gespanne¬. Wees versigtig om nie ou koeie uit die sloot te grawe wat liefs daar gelaat moet word nie. Duidelike kommunikasie is die sleutel tot ’n dramavrye dag vir slim Skerpioene.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Omdat vier planete insluitende die volmaan jou geldsones stimuleer, is jou selfbeheersing baie swak. Doen alles in jou vermoë om aanlyn-inkopies en spontane inkopiebevliegings te vermy.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Die volmaan plaas die fokus op kommunikasieprobleme in ’n intieme verhouding. Albei sal toegewings moet maak anders sal die emosionele toutrekkery net voortgaan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal rusteloos en rebels voel omdat die volmaan jou van stryk bring, maar jy kan dit hanteer. Vind interessante, stimulerende dinge om te doen sodat jy nie verveeld word nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het ’n begeerte om ander te help wanneer jou deernisvolle kant inskop. Die omstandighede is ook goed vir groepsaktiwiteite en om jou kunstigheid te beoefen wanneer jy in jou gesellige en kreatiewe aard delf.