Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n moeilike jaar; jy werk hard en vorder blykbaar min, maar eintlik sal jy heel goed vorder. Dit is ’n tyd waarin jy in ’n sekere gebied sukses behaal. Pasop net vir mense wat jou wil verneuk.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het geweldige potensiaal. Hulle het baie talent, asook hope geesdrif en selfvertroue. Hierdie mens is ’n wenner, iemand wat die werk kan doen en eindelik die werk kry. Hulle sal verantwoordelikheid goed hanteer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar blyk ’n probleem met geld of koste te wees. Dit is sinloos om jou te waarsku om versigtig te wees; die Steenbok is altyd versigtig met geld, maar nou betaal jy blykbaar vir iets wat jy nie wil hê nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is lewendige sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Dit is waar dinge vir jou begin gebeur, dinge wat jy al begin dink het nooit sal gebeur nie. Sien? Dit is lonend om geduldig te wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is baie vir jou om te doen; jy moet liefs wegspring. Jy het verantwoordelikhede wat jy nie kan vermy nie en iemand sal seker maak jy vermy dit nie. Boonop sal dit jou effe onwel laat voel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iets wat jy wou hê, gebeur vir jou. Wel, eintlik blyk die sterre aan te dui dat jy iets sal laat gebeur, maar dit is in die Ram se aard; jy weet wat jy wil hê, jaag dit na en laat niks in jou pad staan nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets ruk tot stilstand. Dit is dalk iets wat met die huis verband hou. Dit sal aanvanklik effe ongemaklik wees, maar jy maak vrede daarmee en besef jy vaar eintlik beter daarsonder. Verdra dit dus maar in stilte.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy is op die nipper om iets spesiaals af te handel. Dit is net wat jy wou hê, maar jy voel jy moet daaroor stilbly tot dit eindelik in jou hande is. Dit is ’n goeie plan; swye is goud.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir geldsake. Baie dikwels doen vandag se sterre ’n beroep op iemand vir hulp met hierdie finansiële situasie en sodra dit begin, val alles in plek. Dit is ’n beloning vir ’n goeie daad in die verlede.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar goeie toestande vir jou om tyd saam met jou spesiale persoon deur te bring en jou liefde op jou manier uit te druk. Aangesien jy ’n groot kat is, is dit nie moeilik om te weet hoe sake sal ontwikkel nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou spesiale doelwitte is in sig, maar jy moet nog ’n ent vorder voor jy dit bereik. Daar is ’n spreekwoord wat sê: “Tussen die lepel en die mond val die pap op die grond.” Moenie op jou louere rus voor jy alles in plek het nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Iets wat jy wou hê, sal gebeur. Dit sal jou in sirkels laat rondhol, maar jy sal dit geniet en baie tyd mors, maar op die ou end kry jy wat jy wil hê en werk alles volgens jou planne uit.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy bring iets op ’n end. Met vandag se sterre haal jy gewoonlik iets af en vervang dit met iets beters. Breek jy dalk die een of ander konstruksie af om dit met iets anders te vervang?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is jy baie besig. Dit hou meestal verband met familielede of bure. Jy kry dalk nie wat jy wil hê nie, maar jy geniet dit om van plek tot plek te beweeg. Jy sal ’n interessante oproep of boodskap ontvang.