Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Sterre wat probleme kan veroorsaak, kom vanjaar in jou rigting. Met hierdie sterre sal jy in ’n sitsuasie beland wat baie pynlik is en jou groot verleentheid in die openbaar besorg. Daar sal ook ’n paar aanloklike situasies wees, wat lekker is.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal van musiek, kuns, drama en sang hou. Hulle het ’n mooi stem en is goed met vertonings, en sal dus goed vaar in die vermaaklikheidsbedryf. Hulle is dalk ’n bietjie te teerhartig vir hul eie beswil.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n goeie dag, maar dis nodig om versigtig te wees met jou geld en besittings. Moenie jou beursie alleen laat terwyl jy items in die winkel bekyk nie en moenie iets uitleen wat jy in ’n goeie toestand wil terughê nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre veroorsaak dat jy in die versoeking is om geheime reëlings te tref. Dikwels is hierdie reëlings niks meer as om iets vir iemand se verjaardag geheim te hou nie. Dis nodig om versigtig te handel.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die afgelope week of so is daar foute gemaak, maar dinge gaan hul gewone gang. Vandag beland jy in ’n posisie waar jy moet stop en dinge wat verkeerd is, moet regmaak en dan van vooraf moet begin.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy is in die bui om nuwe vriendskappe te smee en gaan dus uit jou pad om gaaf te wees. Die goeie nuus is mense sal vriendelik reageer en jy sal selfs nuwe vriende maak. Iets wat jy wou hê, gebeur.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis ’n gelukkige dag en lekker dinge gebeur wat jou op jou gemak laat voel. Dis goed, maar jy is nie op jou hoede nie en ’n losbek bedrieër kan jou inloop. Moenie toelaat dat dit gebeur nie – moenie jou waaksaamheid verslap nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het vreemde sterre. Met hierdie atmosfeer is jy nie so in pas met die kosmos nie. Jy sal ook ietwat heldersiende wees. As die foon lui, sal jy weet wie bel voordat jy antwoord.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal vandag uitgawes wees. Jy hoef dié rekeninge dalk nie onmiddellik te vereffen nie, maar jy sal dit eindelik moet betaal. Probeer dus om jou rekeninge minder te maak deur te kies tussen wat jy wil hê en wat jy nodig het.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die Maagd is een van die uiters praktiese tekens van die diereriem, maar met die sterre wat jy het, sal jy geneig wees om jouself te mislei oor iets wat jy op die ou end sal sien pynlik vanselfsprekend is. Slaan ag op ’n maat se raad.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Soms lei die sterre wat jy vandag het tot ’n besering of infeksie. Dit sal waarskynlik niks ernstigs wees nie, maar dit sal ’n irritasie wees en kan so duidelik wees dat dit verleentheid kan veroorsaak. Vermy gevaarlike situasies.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus, die towenaar, maak kontak met Venus, die godin van liefde en romanse, in jou hoek vir liefde en romanse. Dis jammer dis ’n werkdag, maar dit maak nie saak nie – dié sterre sal steeds vir jou werk wanneer jy vanaand tuiskom.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Wees versigtig wanneer jy huishoudelike items koop. Met die sterre vir vandag is jy geneig om items te koop net om later uit te vind dit pas nie, werk nie of lyk nie reg nie. Wat dit ook al is, jy sal waarskynlik met dié swak kopies opgeskeep sit.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Venus maak kontak met Neptunus in jou hoek vir die verstand end it sal nogal inspirerend wees. As jy ’n kunstenaar is, sal jy vandag met jou meesterstuk begin en as jou werk suiwer prakties is, sal jy goeie goed maak.