Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal daar in omtrent elke deel van jou lewe groot, skielike rigtingsveranderinge wees. Jy sal bly wees oor die dinge wat gebeur en wonder waarom jy nooit vantevore hierdie vreugdes beleef het nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n skerp verstand en is in sommige areas geniaal. Hulle sal nogal aantreklik wees en stel in die meeste kunsvorms belang. Hulle het hoë en edele ideale en is baie filantropies. Hulle is dalk ’n bietjie te intens.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Mooi dinge gebeur om jou. Hierdie dinge sal meestal stil om jou gebeur en jy sal nie van hulle bewus wees nie tot hulle skielik voor jou verskyn. Jy het nogal goeie sterre vir liefde en romanse.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is tans onsekerheid en verwarring om jou. Dit is ongewoon vir die Steenbok. Gewoonlik weet jy presies wat jy wil hê en het jy ’n verwagting oor wat sal gebeur. Jy het goeie sterre om die regte huis te soek.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die sterre vandag sal jou met verhoogde bewustheid en selfvertroue vul. Met dit wat jou gedagtes beïnvloed, sal dit nou ’n goeie tyd wees om vir enige soort onderhoud te gaan. Jou brein is vandag baie besig.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is vreemde sterre vir geldsake. In uitsonderlike gevalle kan daar voordele wees, maar meer dikwels is daar verliese. Dis nie groot verliese nie, maar hierdie klein verliese kan dinge nogal vererger. Pas jou beursie op.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die sterre vir vandag bring ’n tyd van skielike verandering. Hulle bring ook ’n onbewuste behoefte aan onafhanklikheid en vryheid. Jy sal voel jy word gemanipuleer. Dis tyd dat jy standpunt inneem en op onafhanklikheid aandring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het swak sterre vir geldsake. Eintlik het jy slegte sterre vir omtrent alles. As jy dus by die huis kan bly en ’n namiddag-fliek kyk, doen dit. Jy vind uit jy het ’n geldtekort.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy het Uranus, die planeet van vriendskappe, in jou hoek. Jy kan verwag om ’n groot deel van vandag in die geselskap van vriende en kollegas te wees. Die goeie nuus is, dit is alles goed. Dis ’n gelukkige dag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag kry jou ego of algemene aansien ’n onverwagse hupstoot waarvoor jy nie gesoek het nie. Dit kom as ’n aangename verrassing en dit is net wat jy nou nodig het. Jy sal nuwe insigte oor ’n vriend kry.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met jou huidige sterre kan jy een van jou kleiner drome bewaarheid. Dit sal nie juis ’n uitwerking op jou lewe hê nie, want dit is net ’n klein droom. Maar dit sal jou selfvertroue bou en jou inspireer om volgende keer hoër te mik.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is goeie omstandighede vir alle geestes- en intellektuele aktiwiteite. Ek dink nie hierdie sterre sal daartoe lei dat mense uitvind jy is ’n meesterskaakspeler nie, maar jy sal sommige met jou skerp verstand en wysheid verras. Dit is ’n besige dag.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jou sterre vir vandag is geneig om skielike veranderings aan verhoudings te bring. As dinge die afgelope tyd ’n bietjie koud was, kan jy verwag dat dit skielik handomkeer sal verander, en natuurlik is die omgekeerde ook van toepassing. Dit is ’n dag vol pret.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Werksveranderinge is op pad. Van die veranderinge is te verwagte, maar die meeste kon jy nie voorsien nie. Vir baie Skerpioene sal die veranderinge eers ná Kersfees regtig begin.