Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar laat jy toe dat dinge jou ontstel. Dit sal jou soms nogal terneergedruk en introspektief laat voel, terwyl jy opgewek en innemend behoort te wees. Dis ’n moeilike jaar, maar jy sal dit maak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n briljante verstand. Hulle het meestal ’n goeie geheue en kan feite en syfers baie lank onthou. Hulle stel belang in die verlede en het kunsaanleg.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is daar vertragings en irritasies, maar dis niks ernstigs nie. Die belangrikste krag van jou sterre lê in kontak met mense wat ver is of dalk planne om na ’n ver of afgeleë plek te gaan. Daar sal gesprekke oor godsdienstige seremonies wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit lyk of daar op die een of ander manier kommunikasie met die verlede is. Omtrent al manier hoe ek dit sien gebeur, is dat jy afkom op ou liefdes- of sakebriewe in ’n houer onder die bed. Jy put genot daaruit.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy hoor goeie nuus van of oor ’n maat of iemand met wie jy ’n goeie verhouding het. Dis moeilik om te sê wat die nuus is, maar dit sal maak dat jy weer oor jou planne vir die nabye toekoms nadink.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie omstandighede vir sake wat met werk en jou posisie in die werkmag te doen het. Dikwels bring die sterre wat jy het, goeie nuus oor ’n soort bevordering of ten minste die volgende trappie op die leer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is uitstekende sterre vir die liefde en romanse, maar daar is ook sterre wat daarop dui dat jy versigtig moet wees wanneer jy besluite neem. Dis nie ’n tyd om risiko’s te loop nie, al voel jy dalk onkwesbaar.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal dit begin oorweeg om iets te eindig. Gewoonlik dui hierdie sterre op werksake. Jy dink waarskynlik daaraan om ’n werkprojek te beëindig en dit deur iets te vervang wat meer gepas vir hierdie tyd is.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis ’n goeie dag vir die huwelik en verhoudings. Met jou sterre sal julle soos een mens dink en optree, met die een wat die ander se sinne voltooi. Daar sal korrespondensie oor reis of vervoer wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is by werksake en die geld wat jy vir jou moeite kry. Gewoonlik as ’n mens die sterre het wat jy het, vra jy vir ’n verhoging of doen iets om seker te maak jy kry een. Toe nou, Skerpioen, jy verdien ’n verhoging.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar aangename korrespondensie. In die meeste gevalle laat iemand jou weet hulle dink jy is spesiaal en wie is jy om teen sulke goeie oordeel te stry? Dit lyk of jy ’n lekker dag gaan hê.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sal begin dink hoe jy kan keer dat sekere omstandighede uit die verlede terugkeer na jou lewe en ongemaklikheid veroorsaak. Daar sal ook gesprekke wees oor hoe jy jou huis se voorkoms kan verbeter.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kry ’n boodskap oor iets waarop jy gehoop het. Gewoonlik bring die sterre wat jy het goeie nuus mee, maar nie altyd nie. Dit sal darem nie slegte nuus meebring nie, net nuus oor onverwagte vertragings en ongerief.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar word nog gepraat oor werk en betaling. Dit lyk of jy oorgehaal is om eise te stel en dan skop jy vas tot jy min of meer kry wat jy wil hê. Jy bevind jou in die geselskap van interessante en ongewone mense.