Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n besige jaar te wees; jy doen meer werk as gewoonlik en word dalk nie vir jou ekstra moeite vergoed nie. Daar is ’n behoefte aan groot omsigtigheid in jou omgang met kliënte of die mense op wie jy vertrou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is opreg, energiek en lojaal. Hulle is ambisieus en talentvol, en sal dus goed vaar in hul gekose loopbaan. Hulle gaan nie sukkel om werk te kry nie en sal by almal goed byval vind.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag moet jy uitkom en mense ontmoet, veral vriende en kennisse. Al probleem is, iemand gaan daarop aandring dat jy al jou tyd by die werk deurbring. Base kan so onnadenkend wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Met hierdie sterre kan jy rykdom bymekaarmaak. Hoe klink dit? Die probleem is: Waar kom die rykdom vandaan en hoe kry jy dit in die hande? Twee goeie vrae.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is een van daardie dae dat alles blykbaar skeefloop. Die grootste deel van die dag voel dit jy gee een tree vorentoe en twee treë terug. Jy was al in hierdie situasie en weet hoe om dit te hanteer. Dis reg: Ignoreer dit.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Net toe jy dink alle sis mooi onder beheer, krap iemand dit deurmekaar. Dit is iets wat jy al vantevore ervaar het; almal wil blykbaar hê jy moet alles herhaal wat jy so goed doen. Dis al weer sulke tyd.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is vandag veral ’n goeie dag vir groepswerk. Dit is omdat jy as groeplid vroeg kan wegglip en nie alleen verantwoordelikheid vir foute hoef te aanvaar nie. Vanaand lyk belowend.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

In ’n sekere opsig duik iets onaangenaams uit die verlede op. Jy doen jou bes om dit te verhoed, maar selfs die skerpsinnige Waterdraer kan leidrade miskyk en al probeer hulle ook hoe hard, kan sulke foute deurglip.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre lyk goed vir aktiwiteite soos spekulasie en enigiets te doen met jou liefdeslewe. Ek sê nie dié spekulasie sal jou so ryk soos in jou drome maak nie, maar jy kan dalk wen as jy probeer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Met vandag se sterre word jy die onwillige held. Mense gaan hulle tot jou wend om leiding en natuurlik wil jy alte graag help. Of dalk nie, maar jy sal dit steeds hand bysit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is lieflike sterre vir aktiwiteite verwant aan kort reise en die behoeftes van bure of familielede. Dit is ook ’n goeie dag vir korrespondensie; dit is dus nou die regte tyd om ’n paar sakebriewe te skryf.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Persoonlike besittings gaan belangrik wees. Met vandag se sterre kan ’n soort versameling ’n hoogtepunt bereik. Iemand gee jou dalk ’n lekker toevoeging tot ’n versameling wat jy het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die Kreef het ’n onafhanklike gees, en wanneer jou sterre lyk soos vandag, gaan jy hardkoppig aandring op jou onafhanklikheid. Net jammer dit gaan iemand dwars in die krop steek. Maak dus gereed om die minste te wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis die einde van die week, maar daar is nog baie wat afgehandel moet word en jy wil baie graag vroeg klaar wees by die werk sodat jy jou naweek kan geniet. Ongelukkig gaan dit nie die geval wees nie.