Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar sal goeie omstandighede bring wat nie gewoonlik na jou kant toe kom nie. Jy sal dinge doen en na plekke gaan wat onbekend vir jou is, maar jy sal van die verandering hou. ’n Jaar van opwinding wag, maar selfopgelegde beperking is nodig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal baie veranderinge maak en baie reis, maar dit strek nie altyd tot hul voordeel nie. Hulle is heeltyd aan die gang. Hierdie mense is impulsief en onafhanklik. Hulle sal goed aangaan en dinge doen waarvan die meeste mense hou.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is ’n dag vir optrede. Jy sal vind dat jy van plek tot plek gaan om dinge vir jouself en ander te kry. Ek dink nie jy sal baie bereik nie, maar jy sal heelwat tyd bestee om die min wat jy doen, gedoen te kry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy bemoei jouself nie gewoonlik met geldsake nie. Jy kry dinge in orde, los dit en konsentreer op interessanter dinge, maar vandag is jy angstig oor jou inkomste, uitgawes en jou spaargeld of gebrek daaraan.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dinge gebeur om jou. Hierdie dinge behels iets wat begin en iets wat eindig. Jy stel meer belang in die dinge wat begin, want jy moet dit by jou reeds besige rooster laat inpas.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit lyk asof daar verwarring is. Dit gebeur omdat jy geneig was om dinge op hul eie te laat aangaan, maar nou moet jy ingryp en alles laat gebeur. Dit is vir jou ’n probleem om te onthou.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het uitstekende sterre vir goeie vriendskappe. Hierdie sterre bring optrede, maar natuurlik is dit ’n werkdag; daarom moet jy óf tyd af neem óf wag tot ná werk. Die goeie nuus is hierdie sterre sal heeldag met jou wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Ek kan nie sê presies hoe dit sal gebeur nie, maar vandag sal jou ego en jou algehele aansien ’n hupstoot kry. Maar gewoonlik moet hierdie sterre iets moeiliks doen. Die mense om jou waardeer jou prestasie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is praatjies oor godsdiens en filosofie. Dit is van daardie gebiede wat maklik tot onenigheid kan lei; gebruik daarom jou Bulkennis en -geduld en stuur die gesprekke in gematigder rigtings.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Af en toe kry jy ’n groot rekening wat jy nie verwag het nie, want dit gebeur net jaarliks. Dit is dinge soos versekeringspremies. Baie dikwels bring die sterre wat jy vandag het, so ’n rekening mee en gevolglik laat dit jou spaargeld krimp.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is byna klaar met ’n taak of projek waarmee jy ’n ruk gelede begin het, maar nou haak jy vas. Met hierdie sterre lyk dit asof al weg vorentoe is om hulp te kry van mense wat weet wat hulle doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jy oes voel vandat jy opgestaan het, blameer die sterre. Dit beteken nie jy hoef Gods water oor Gods akker te laat loop nie. Daar is dinge wat jy kan doen om jouself beter te laat lyk en voel; doen dit dus en wys jy is in beheer van jou lewe.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou huidige sterre bring ’n goeie stemming vir liefde en romanse. Vandag is egter ’n werkdag; daarom sal jy dalk moet reël vir ’n geleentheid in die middag. Die praktiese Maagd is besonder goed daarmee om so ’n geleentheid te reël.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms laat die sterre wat jy vir vandag het, iets belangriks eindig, maar omdat Mars hier betrokke is, lyk dit asof jy ’n aandeel het in die beëindiging van wat ook al dit is. Gewoonlik is dit die een of ander werkprojek.