Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n betekenisvolle jaar. Jy onderteken belangrike dokumente en sluit ooreenkomste wat die rigting van jou lewe verander. Dis ’n verskriklik besige, maar produktiewe tyd en jy is nie so geduldig nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is nogal ’n handvol. Hulle is die heeltyd aan die gang en dit lyk of hulle nooit wil rus of die pas verstadig nie. Hulle is nogal slim en op sekere gebiede grens dit aan genialiteit. Hulle is vlug van begrip, uitgesproke en skerp.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal klein, aanhoudende probleme wees oor geld, die koste van sekere items en of jy dit kan bekostig of behoort te koop. Dis ongewoon vir jou, want gewoonlik weet jy wat jy kan bekostig en hou daarby.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Mars in jou teken bring goeie omstandighede mee om take af te handel waarmee begin is, maar onvoltooid gelaat is omdat jy nie die ondersteuning kon kry wat jy nodig het nie. Wel, vandag behoort jy daardie ondersteuning te kry en sal jy dit kan afhandel.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Weens die posisie van Mars sal jy meer in die bui wees vir behoorlike ontspanning as om met werk te begin. Natuurlik het die baas ander idees en ek neem aan jy sal maar moet doen wat die baas wil hê. Jy kan darem vanaand rus.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Goeie omstandighede heers. Dit sal jou nie help om die onmoontlike te vermag nie, maar wel om te doen wat jy nou al lank probeer afhandel. ’n Bietjie hulp sal lekker wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy is besig om groot dinge te bereik. Jy sal van die take verrig wat jy nie gewoonlik kan doen nie en dit sal ’n paar mense beïndruk. Jy sal niks bereik deur vir hierdie mense te vertel jy het hulp gehad nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het vandag uitstekende sterre. Hierdie sterre sal harmonie bring op gebiede waar daar die afgelope tyd ’n bietjie norsheid was. Dit wys net al wat jy nodig het, is ’n bietjie geduld en dan sal dinge reg uitwerk.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is geldelike probleme en ’n maat of kollega is betrokke. Dis nou tyd om behoorlik oor hierdie sake te praat. Jy sal op die ou end moet betaal, maar jy het ál die ondersteuning nodig wat jy kan kry voor jy betaal.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Mars in jou hoek vir vennootskappe maak dit ’n goeie tyd om vir werk of speel saam met iemand te wees. Natuurlik verkies ons almal speel, maar soms geniet die behoefte om ’n bestaan te maak voorkeur en gebruik jy jou energie om werk te voltooi.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Mars in die sesde hoek dui gewoonlik op snye en brandwonde. Dit beteken meestal snye, want daar sal ’n bietjie bloed wees waarvoor ’n pleister nodig sal wees. Wees dus versigtig met skerp toestelle.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre vir algemene harmonie omdat Mars aktief is in jou hoek vir liefde en romanse. Maak die atmosfeer dus romanties en geniet die voordele wat dit inhou. Moet net nie die grense van goeie smaak oorsteek nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie aanduidings vir optrede, veral as dit beteken dat jy een ding laat eindig sodat jy met ’n nuwe een kan begin wat meer in pas is met jou persoonlike behoeftes en voorkeure. Dit lyk na ’n besige dag.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy sal dink mense het onmoontlike eise. Dis nie duidelik wie hierdie mense is nie, maar as jy stop en luister na wat gesê word en wie dit sê, sal jy dit gou genoeg kan uitwerk.