Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Robert Burns het gesê: “Die beste planne loop soms skeef.” Dit sal een van die hooftemas vanjaar wees. Bestee tyd daaraan om dinge te laat werk en maak seker jy het altyd ’n plan B vir ingeval. Daar is goeie omstandighede vir die liefde.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n vlymskerp verstand. Hulle is vlug van begrip en het ’n goeie waarnemingsvermoë. Hulle word nie maklik geflous nie. Hulle is dalk geneig om onnodig bekommerd te wees, maar baie vaardig en buigsaam. Hulle is ook goeie kommunikeerders en boeiend.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy voel die grootste deel van die dag gelukkig. Jy kyk na jou lewe deur ’n rooskleurige bril en niks is ’n probleem nie. Daar heers euforie, maar ongelukkig keer jy terug na die werklikheid.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit lyk of daar groot verwarring om jou heers. Dis al ’n rukkie aan die opbou en nou lyk dit of dinge uitmekaarval. Haal diep asem en begin by die begin.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se sterre bring iets mee wat jy wou hê. Dis niks groots nie, maar lekker, want jy het lank hard probeer om dit te laat gebeur. Daar is ook goeie sterre om vriende te ontmoet en ’n koppie koffie saam met hulle te geniet.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar kan ’n soort bevordering wees. Moenie te opgewonde raak nie – as daar ’n bevordering is, sal dit gering wees en jy sal gou weer wees waar jy was. Doen jou bes om te wys jy sal ’n goeie leier wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die moontlikheid van ’n langafstandreis lyk baie goed en jy sal daaroor praat. Jy sal selfs droom oor reis en wonder of jy eendag by die Champs Elysées of die Trevi-fontein sal uitkom. Dit sal gebeur, eendag.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre vereis dat jy heelwat diskresie aan die dag lê. Dis iets waarin Leeus goed vaar. Gelukkig sal sake verbeter namate die dag vorder en daar sal geen of min misstappe wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Mercurius en Neptunus is geaktiveer in jou kaart en sal vreemde omstandighede in jou huwelik of intieme verhoudings teweegbring. Dis onduidelik presies hoe vreemd en hoekom dit gebeur, maar jy sal dit uitsorteer.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Soms sal die sterre wat jy vandag het, klein beserings meebring waarna ontsteking volg. As jy jou sny of beseer, selfs al is dit net ’n klein snytjie, maak seker jy maak die wond goed skoon en hou die vuilgoed en kieme uit.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die romantiese Neptunus en nugter Neptunus is in jou hoek vir die liefde en romanse. Laat ons nie te diep daaroor dink nie. Kom ons geniet net die towerkrag wat dit meebring. Jy kan dalk selfs tyd afknyp vir ’n middagkuiertjie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Party dae lyk dit asof jy niks reg kan doen nie en vandag is een van daardie dae. Dit sal nie ’n probleem wees as jy versigtig is en onderwerpe vermy wat aanstoot kan gee nie. Laat ander mense toe om hul drome te droom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk of daar heelwat sosialisering is, maar die mense saam met wie jy kuier, sal of bure of familie wees. Dit kan dalk effens vervelig wees, maar minstens kan jy ’n bietjie nuus uitruil.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se sterre dui op probleme met of weens geld. Dit lyk nie of jy so sleg vaar nie, maar dié wat nie versigtig is nie, kan in ’n strik beland. Jy wil goed koop wat later nutteloos sal blyk te wees.