Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou nie veel in nie, behalwe harde werk en baie vertragings en hindernisse. Gelukkig sal jy die hindernisse oorkom. Jou gedagtes is by grond of eiendom.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is hardwerkend. Hulle gee nie op voor die werk klaar is en hulle tevrede is dat dit goed gedoen is nie. Hulle sal sukkel om aan die gang te kom, maar sal in hul dertigerjare baie goed vaar.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, maar hierdie sterre sal veroorsaak dat jy geld verdien pleks daarvan om dit te wen. Maak dus gereed om stil op die agtergrond te werk. Hopelik verdien jy meer as gewoonlik of kry oortydbetaling.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir huissake, veral as dit ’n nuwe begin en onbekende take behels. Vandag skyn die kosmiese kollig ook op van jou onlangse prestasies. Geluk!

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag begin en eindig ’n kombinasie van dinge. Dis baie goed, maar kan verwarrend wees en met die sterre wat jy het, sal dit waarskynlik baie verwarrend wees. En jy’t gedink Vrydae is maklike dae.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets waarop jy gehoop het kom na jou kant toe. Dit sal nie nou ’n groot gebeurtenis in jou lewe wees nie, maar eendag sal jy terugkyk en sê dit was ’n belangrike oomblik. Die omstandighede is goed om saam met vriende te wees en nuwes te maak.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met jou beroep te doen het. Met hierdie invloede sal jy vind jy is in beheer van iets en terselfdertyd moet jy ook verduidelik waarom jy nommer een behoort te wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is omstandighede vir toegeneentheid jeens jou van mense ver weg. Die persoon of persone kan oorsee wees of moontlik in die land, maar nogal ver van jou. Dit sal jou lus maak vir reis.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis een van daardie dae dat jy moeilike take maklik afhandel en die dag vlieg verby. Ek wens ek kon sê jy sal geen foute begaan nie. Vrydag is nie ’n goeie dag vir foute nie, want jy wil regtig vroeg wegkom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre om tyd saam met interessante mense deur te bring en pret te hê. Hierdie omstandighede sal maar net moet wag, want dit is Vrydag en daar is take wat lank voor die tyd afgehandel moet word.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iemand by die werk is baie aangenaam nadat hulle voorheen nors of knorrig was. Dit sal jou vir ’n rukkie goed laat voel, maar dan begin jy wonder hoekom hulle so vriendelik is. Dis ’n goeie vraag.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het baie om te doen en min tyd om dit klaar te kry. Dis maar die norm op ’n Vrydag, maar omdat jy die vindingryke Vis is, kry jy dinge aan die gang en slaag jy daarin om van die werk te vermy waarvoor jy nie lus is nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iets wat met jou werk te doen het, sal eindig en ek praat nie net van hierdie week nie. Die wat eindig is self niks groots nie, maar dit sal later vir jou belangrik wees – dalk selfs so vroeg as volgende week. Wees op enigiets voorbereid.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie geluk. Dit sal ’n familielid of een van die bure insluit. Dalk bereik julle iets wat albei wou. Met hierdie sterre is dit moontlik om iets baie kleins te wen.