Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar van verandering. Jy gooi die dinge uit wat jy nie meer kan gebruik nie. Dit is van toepassing op verhoudings wat die einde bereik het. Jy voel jy wil dié mense nie meer naby jou hê nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is slim en het ’n goeie verbeelding. Hulle is op ’n sekere gebied byna geniaal. Omdat hulle eerlik en betroubaar is, sal hulle maklik uitgebuit word deur mense wat nie ’n gewete of integriteit het nie. Hulle is aangename mense.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iemand sal jou vra om ’n guns te doen. Dis geen nuwigheid nie. Mense vra jou gereeld om vir hulle gunse te doen, maar dis Maandag en jy het ’n berg dinge wat jy moet inhaal ná die naweek. As jy weier, kan jy iemand in die gesig vat.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy begin die week nors – of is dit jy? Wel, iemand sal die week nors begin en op die een of ander manier tref al die teenspoed jou. Kan dit wees oor iets wat jy gedoen het?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die week begin sleg. Daar sal spanning wees oor iets wat verlede week of selfs nog voor dit gedoen moes word. Sal dit help om ontsteld te raak hieroor?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre vir samesyn met mense, veral mense wat dieselfde tegniese taal as jy praat. Ongelukkig kan iemand knorrig wees en ’n bakleiery soek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is ’n haakplek oor ’n saak met die staat. Die sisteem is nie so ontwerp dat jy sal wen nie, so daar is nie juis sin daarin om jou teë te sit nie. Natuurlik kan jy ’n brief aan jou plaaslike lid rig as jy sterk voel daaroor.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dinge ver van jou laat jou bekommerd voel. Dit kan wees omdat jy dit oorweeg het om hierdie veraf plek te besoek of jy voel jammer vir die mense wat deur omstandighede buite hul beheer benadeel word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het ietwat slegte sterre vir gesondheid. Dis niks ernstigs nie, maar jy voel nie juis lus vir werk nie. Jy moet maar net aan die werk spring. Soms kan die lewe moeilik wees, maar die kreef het ’n harde dop, dus sal jy dit kan hanteer.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre om saam met ’n spesiale persoon te wees. Ongelukkig is dit ’n werkdag, behalwe as jy een van daardie leeus is wat nog nie terug by die werk is nie. Soms moet mens maar net geduldig wag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

My pa het altyd gesê om vinnige gevolgtrekkings te maak is nie sulke goeie oefening as om vir die feite te grawe nie. Dis dalk goed om dít vandag te onthou. As jy vir mense wil sê hulle is verkeerd, maak seker van jou feite voordat jy praat.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Soms bou ons aan dinge wat op die ou end gewoontes raak en bepaal hoe ons ons lewe lei. Ons besef nie dis gewoontes nie, selfs wanneer dit betekenisloos raak. Bekyk jou roetine en vra jouself of die dinge wat jy doen sin het.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Geldsake is altyd belangrik, maar vandag is dit belangriker as gewoonlik. Dis moontlik omdat jy in die Kerstyd te veel bestee het en nie genoeg tyd gehad het om te spaar nie. Watter rigting slaan jy nou in?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is dinge wat uitgestryk moet word en jy gaan dit nie regkry deur te skel nie. Kies bedaarde gesprekke as jy baie wil vermag en belangrike doelwitte wil bereik.