Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar bring goeie sterre, maar minstens een van jou troetelprojekte sal misluk. Ongelukkig sal dat op ’n baie openbare manier gebeur. Hou jou planne geheim en wees versigtig vir innemende bedrieërs.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het uitstekende sterre. Hulle sal aktief, energiek en ambisieus wees. Hulle is talentvol en het ’n briljante verbeelding. Hulle beskik oor die vermoë om vooruitskattings te maak en tendense te lees. Dis ’n suksesverhaal in wording.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Kyk wat in jou geldsake aangaan. Dit lyk nie of jou geld te min is en jy behoeftig sal wees nie, maar ek sien wel situasies waar jy in die verleentheid gestel kan word. Die oorsaak is dat jy nie geld het wanneer dit al is wat tel nie. Wees versigtig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die nuwe maan in jou teken dui op ’n nuwe begin of selfs ’n paar, maar omdat Neptunus hier betrokke is, kan die nuwe begin enigiets wees. Waar Neptunus by ’n begin betrokke is, behels dit dikwels oseane of watersport in die algemeen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die klem val op die een of ander manier op die verlede. Jy dink meestal aan die foute wat jy begaan het en die dit waarmee jy mense laat wegkom het. As tyd net ’n tweerigtingpad kon wees, maar dit is nie; vergeet dus die verlede.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die elfde hoek van jou horoskoop is deur die nuwe maan geaktiveer. Jy kan dus verwag dat minstens een van jou drome sal waar word. Dit sal niks groots wees nie, maar dis ook lekker wanneer die klein dingetjies uitwerk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die nuwe maan in jou horoskoophoek vir aansien bring ’n hupstoot vir jou ego. Soms kan dit ’n klein maar beduidende hupstoot by die werk wees, maar dit kan ook beteken jy bereik ’n persoonlike doelwit. Hou dus aan probeer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre om iets te leer en weer die basiese dinge onder die knie te kry. Gewoonlik sal dit verbygaan sonder dat jy dit agterkom, maar vandag sal van jou vaardighede nodig wees en jy sal vinnig hersiening moet doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Geldsake is weer ’n bron van irritasie. Dis nie werklik so ’n groot probleem nie, maar die Leeu hou nie van die idee om te min te hê wanneer dit jou beurt is om iets te koop en al die oë op jou is nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die kosmiese kollig skyn vandag op jou huwelik, vennootskappe of intieme verhoudings. Jy neem besluite oor die veranderinge waaroor jy nou al ’n rukkie lank tob.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Gesondheid sal in dié tyd belangrik wees. Jou welstand is nooit ’n onbelangrike saak nie, maar vandag kyk jy na jou fisieke voorkoms en vra jouself af of jy ’n paar ware veranderings kan maak. Die antwoord is ja; doen dit dus.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die nuwe maan in jou hoek vir die liefde en romanse bring goeie sterre sodat jy jou Skerpioenagtige kant kan wys. Nou kort jy net iemand wat dié kant kan waardeer; dan sal die lewe ’n lied wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die nuwe maan aan die onderkant van jou horoskoop laat dinge eindig en daar is ook veranderinge tuis. Gewoonlik wanneer jy dié sterre het, gooi jy goed uit wat nie meer so goed werk nie en vervang dit met nuwes.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die kosmiese klem val op familie en kort reise. Bure is ook belangrik, maar dit lyk of jy hulp kry om seker te maak alles verloop vlot. Beteken dit jy beplan ’n partytjie?