Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Jou emosies ry wipplank en verhoudings is onvoorspelbaar. Maak dus gereed om vandag verras te word.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die volgende 12 jaar is Coco Chanel, wat vandag verjaar, se woorde: “Soveel bekommernis verdwyn wanneer jy besluit om nie iets te wees nie, maar iemand.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is verveeld met jou gewone roetine en smag na opwinding en stimulering vir jou verstand. Naby vennootskappe is vandag gekompliseerd en jy kan dus besluit om jou met persoonlike projekte besig te hou.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Baie Bulle sal vandag gespanne en liggeraak voel wanneer hul streng skedule deur skielike ontwrigtings omvergewerp word. Jou stresvlakke sal hoog wees – en jou geduld min. Pak sake stap vir stap en probeer ontspan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Voel jy ’n bietjie moeg? Dit kos dalk ’n tweede asem om jou vandag aan die werk te kry. Benader jou geliefdes en dierbares met ekstra takt en sorg.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre versterk jou gevoelens – en dit kan jou nogal nors laat voel. Vermy moeilike onderwerpe, dinge wat jou emosies op loop laat gaan en voortvarende mense wat jou verkeerd opvryf. Probeer om so koelkop te bly soos net die Kreef kan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Wat ’n probleem met ’n geliefde betref, is daar geen plaasvervanger daarvoor om te sit en al die betrokke kwessies te bespreek nie. Dan kan albei aanbeweeg.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Betroubare Maagde verafsku onderbrekings . . . en daar sal vandag heelwat wees omdat onvoorspelbare Uranus jou gewone roetine omkeer. Probeer ontspan en pak sake soos dit kom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Intieme verhouding sal onvoorspelbaar wees omdat die ander mens verwarrend optree. Moenie toelaat dat ’n gesloer jou onderkry nie. Dis tyd dat jy ’n besluit neem oor ’n moeilike taak.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie mense en situasies probeer beheer nie. Uranus sorg vir ’n onverwagte probleem – dit kan jou werk of gesondheid behels. Hoe koppiger jy is, hoe meer ontwrig sal die dag wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind kan ongewoon gespanne word. Verwag die onverwagte! Dis dalk tyd om by ’n nuwe, kreatiewe groep aan te sluit as van jou vriende jou verveel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit sal moeilik wees om jou verpligtinge by die huis en werk te balanseer terwyl onverwagte probleme opduik waaraan jy dringend aandag moet skenk. ’n Familielid kan jou ook met nuus verras. Probeer buigsaam wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Naby verhoudings neem baie van jou tyd en energie in beslag. Weerstaan die begeerte om iets uit te lap waaroor jy later spyt sal wees. Dis vinnig om brûe te verbrand, maar dit neem baie lank om dit te herstel.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Vermy vandag groot geldbesluite omdat die sterre jou geldsones deurmekaar maak. Skielike winste en verliese is moontlik. Deurdink sake dus goed en handel versigtig.