Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy gaan in hierdie jaar deur aansienlike verwarring omring wees. Dit is ’n tyd waarin jy aan selfvertroue-verneukers onderwerp word en geneig gaan wees om nie vooruit te beplan en te dink nie. Maar jy maak wel ’n paar gelukkige ontdekkings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hierdie een het ’n uitstekende verstand. Hulle gaan in ’n noodgeval helder dink; hulle gaan dus goed vaar in die mediese bedryf of in gebiede waar ’n koel kop in krisistye belangrik gaan wees. Hulle gaan aantreklik en aangenaam wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy gaan ’n paar klein geldbekommernisse hê. Soos ons almal maar het. Al wat jy kan doen, is wat ons almal maar doen: Maak seker jou inkomste is effe meer as jou uitgawes. Makliker gesê as gedaan.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Met Merkurius en Neptunus in jou aspek is jy beslis omring deur verwarring. Op ’n manier betrek die verwarring ’n vennoot of maat. Dit is ’n tyd om versigtig te werk te gaan en so min moontlik te sê. Die gesproke woord kan nie herroep word nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die kosmiese tema vir vandag is foute en vertragings of probleme wat meestal met werk in verband hou, of op die een of ander manier gesondheid. Daar kan ook sake rakende klein diere wees. Dalk neem jy Wagter veearts toe vir ’n wrede ontnugtering.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is redelik goeie sterre om jou. Hierdie sterre gaan jou liefdeslewe ’n effense hupstoot gee en liefde en toegeneentheid bring. Met hierdie sterre is daar selfs ’n kans dat jy vanmiddag ’n aangename interlude geniet.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre bevorder sake verwant aan jou werk of loopbaan. Dié sterre verbeter meestal loopbaanvooruitsigte. Jy handel take vinnig en maklik af, onwetend dat iemand jou dophou en maak notas daarvan. Vooruitsigte lyk goed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Onlangse korrespondensie gaan kop uitsteek en jy gaan deur dokumente moet soek wat oënskynlik vasbeslote is om die dokumente wat jy nodig het, so vêr moontlik weg te steek. Is dit die kosmos se teken dat jy meer sistematies met jou dokumente moet werk?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Ons almal weet jy luister nooit na skinderpraatjies nie. Wel, jy luister weinig daarna. Wel, soms luister jy nie na skinderpraatjies nie. Maar vandag is die dag dat jy skinderpraatjies gaan ignoreer, al is dit hoe sappig en opwindend. Bly weg.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Ongewone en langvergete feite gaan weer opduik. Daar is niks onheilspellends oor die feite nie, maar hulle kom op ’n tyd wanneer jy heeltemal onvoorbereid is om dit te hanteer. Soms is dit wys om jou idees vir jouself te hou.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag word vreemde feite onthul. Hierdie feite gaan jou waarskynlik nie in ’n vleiende lig stel nie; maak jou dus diskreet en stil uit die voete wanneer mense persoonlik raak. Party gesondheidstoestande gaan bespreek word.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is ’n magiese gevoel in jou hoek vir romanse, asook jou hoek vir hoop en wense. Dit stel voor ’n wens wat jy rakende jou liefdeslewe het, word waar. Ek weet nie wat die wens is nie, maar dit klink na pret.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jy het goeie sterre vir die beplanning van werk, veral rakende jou huis. Dit kan baie dinge beteken, maar daar is ’n sterk moontlikheid dat jy gaan verf of pleister, of net in die algemeen jou huis opknap.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dinge gebeur om jou, dinge wat jy gehoop het, sou verdwyn. Ek sien nie hoe jy dit keer nie, maar ek sien hoe jy hard dink om die nadraai – wat jy weet op pad is – tot ’n minimum te hou.