Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om een van die besigste en dalk interessantste jare te wees wat jy nog beleef het. Jy sal dinge doen en plekke besoek. Jy gaan nuwe uitgangspunte ontdek en lank en hard werk om jou doelwitte te bereik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n briljante verstand met ’n lewendige verbeelding en die vermoë om probleme amper voor dit opduik op te los. Hulle is geneig tot eerlikheid, integriteit en opregtheid. Hulle sal gesonde oordeel hê wat altyd korrek is.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende, maar jy wil iets anders doen – al weet jy nie wat nie. Moenie bekommerd wees nie; ons beleef almal sulke oomblikke waar ons iets wil hê, maar nie weet wat nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iemand kom met ’n briljante idee vorendag, maar hoe meer jy daarna kyk, hoe meer gapings sien jy. Natuurlik is jy ’n saggeaarde mens en is huiwerig om iets negatiefs te sê; jy bly dus diskreet stil.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die klem val op lang afstande. Jy beplan ’n reis of jy praat met iemand wat óf pas van ’n lang reis teruggekeer het óf binnekort op een sal vertrek. Daar is opwinding in die lug. Die aand is interessant.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is ’n dag waarop mense verwag dat jy namens hulle moet dink. Dit is die kruis van ’n kardinale teken van die diereriem, maar jy laat nie toe dat dit jou onderkry nie; jy doen dit en wag vir hul waardering.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het lieflike sterre vir verskeie dinge. Die sterre bevoordeel meestal tyd saam met ’n groot groep mense met wie jy belangstellings deel. Dit is ’n goeie dag vir enigiets wat met huwelike of vennootskappe te doen het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir gesondheid. Met hierdie sterre sal probleme gou opgelos word. Daar is ook goeie sterre vir dinge wat verband hou met klein diere en troeteldiere. Dalk skryf jy Kietsie of Wagter vir ’n skou in.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is lieflike sterre vir liefde en romanse. Alles sal verloop soos jy wil hê en die wêreld lê oop voor jou. Jy het ook vandag gelukkige sterre, maar nie die soort geluk wat jou ryk sal maak nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Alles kom tot stilstand, maar op ’n manier trek jy voordeel hieruit. Nou kyk jy na hoe alles die afgelope ruk was en jy besluit dit is tyd vir ’n verandering; van nou af lê daar net pragtige veranderinge vir jou voor.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met familielede of bure, veral by sosiale geleenthede. Maak dus seker daar is ekstra vleisies op die rooster vir ’n paar onverwagte gaste.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou planne is gefinaliseer en dit sal meestal uitwerk, maar daar kan haakplekke kom wat geldsake betref. Dit blyk jy het alles beplan, maar jou met die koste misgis. Hou ekstra kontant by jou.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is ideaal vir ’n nuwe begin. Met vandag se sterre kan jy nuwe dinge aanpak en dit geniet. Daar is ook goeie sterre vir vennootskappe; julle sal albei ’n paar interessante oomblikke beleef.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy werk nie graag stilletjies op die agtergrond nie, maar dit is wat jy vandag wil doen. Dit is omdat jy nie regtig seker is oor wat jy wil doen nie en nie soos ’n dwaas wil lyk as iets skeefloop nie.