Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar bring goeie omstandighede, maar jy is geneig om op baie maniere na binne te keer. Jy is meestal uiters versigtig met geld en goed, en perk jouself baie in. Jy het ’n behoefte aan privaatheid.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is skerp en bekwaam, maar omstandighede buite hul beheer sal hul aspirasies pal in die wiele ry. Hulle is harde werkers wat verdien om te vorder en sal op die ou end. Hulle kan onverdiend beswadder word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou sterre vir vandag vergroot jou behoefte om selfversorgend en onafhanklik te wees. Dis nie duidelik van presies wie jy onafhanklik wil wees nie, maar jy sal dinge doen en sê wat jou van dié rondom jou vervreem.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou sterre vir vandag fokus op die verlede en die foute wat jy al gemaak het. Die meeste foute is al vergete, maar sommiges staan uit en sal opgerakel word. Verwyte hieroor is vergeefs.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou sterre vir samesyn met vriende is baie goed, veral vriende wat al lankal jou vriende is en dié wie se ouderdom heelwat van joune verskil. Iets wat jy wil hê, word aan jou belowe, maar daar sal vertragings wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag hou ekstra verantwoordelikheid in. Presies hoe dit by jou lewe inpas, is onduidelik, maar omdat jy ’n lugteken is, sal jy nie hierdie verantwoordelikhede ontduik nie. Almal bewonder jou, maar as jy per geleentheid jou plig versuim, sal jy nie die spoor byster raak nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Goeie sterre skyn na jou kant. Hierdie sterre bring ’n fokus op mense en omstandighede op verafgeleë plekke. As jy een van die baie Visse is wat ’n lang reis oorweeg, is dit dalk nou die tyd om dit te bespreek.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Om die een of ander rede sit jy met die verantwoordelikheid om gesamentlike geldsake uit te sorteer. Dit is jou kans om uit te blink. Stel vas presies waar jy staan, en doen die stappe wat jy dink gepas is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het jou planne vir vandag gemaak en is gereed om dinge te laat gebeur, maar daar sal onverwagte oponthoude en irritasies wees. Dit kan jou laat wonder of jy weer oor jou idees moet besin. Wees net geduldig. Alles sal regkom.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy het nuwe en moontlik verantwoordeliker werk om te doen, maar jy sien nie juis hindernisse nie. Ongelukkig sien jy nie nou probleme nie; begin daarom stadig en laat die momentum met elke sukses opbou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse, maar daar kan vertragings en struikelblokke wees. Dit sal jou laat wonder of dit beter sou wees om ’n ander dag te kies vir die dinge wat jy wil doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jou maag omgekrap is, is dit waarskynlik omdat jy die heerser van die son is en Saturnus jou teken front. Dit krap jou spysverteringstelsel om. Die beste ding om nou te doen is om te kalmeer en nie toe te laat dat kleinhede jou ontstel nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal geneig wees om ’n bietjie te ernstig en ingetoë vir die mense om jou te wees. Dit sal nie groot verdeeldheid bring nie, maar sommige mense dink dalk jy is nogal nors terwyl jy eintlik net alleen gelaat wil word.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is ’n aanduiding van geldprobleme, maar deesdae is dit nie nuus nie. Jy het ’n paar tye van finansiële bekommernis agter die rug. Al wat jy kan doen, is om minder te bestee en te doen wat jy kan om jou inkomste te verhoog.