Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n belangrike jaar. Sekere dinge eindig en ander wat begin, stuur jou in ’n heel nuwe rigting. Jy werk harder en langer, maar op die ou end bereik jy wat jy wou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is ambisieus en gretig om te werk. Hulle sal wel suksesvol wees al is dit net danksy hul gedurige pogings en vasbeslotenheid om sukses te behaal. Hulle is ietwat egoïsties, maar nie in so ’n mate dat dit aanstoot gee nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy begin die dag met die gevoel dat jy die ou dinge agter wil laat. Jy wil die nuwe week vry van al die ou foute en stommiteite begin. As die lewe maar net so eenvoudig was. Sterkte met jou nuwe aktiwiteite.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy dink meestal oor vorige omstandighede. Dis moeilik om te sê watter vorige tyd dit is – is dit die onlangse verlede of baie jare gelede? Hoe ook al, jou kans om die verlede te laat herleef lyk maar skraal.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die omstandighede is goed om saam met vriende en kollegas te kuier, maar die kans is nie so goed dat jy die mense van wie jy regtig hou, sal betrek nie. Jy sal nogtans van die aangenamer mense oortuig om by jou aan te sluit en ’n koppie koffie saam met jou te geniet.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is die omstandighede goed om iets te bereik. Dis onduidelik presies wat dit is, maar gewoonlik sien ek hierdie sterre in die kaarte van mense wat drome bewaarheid wat hulle al lank koester. Dis nie die groot drome nie, maar kleintjies.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het vandag goeie sterre. Met hierdie sterre behoort alles glad te verloop en waar daar wel hindernisse is, sal dit gou uitgesorteer word. Daar is gesprekke oor reis na ’n ver plek, moontlik iewers oorsee.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het tans regtig bedrieglike sterre. Hierdie sterre kan jou duur laat betaal vir foute en oordeelsfoute. Moenie die spoedgrens oorskry wanneer jy bestuur nie en maak seker jy parkeer wettig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het baie goeie sterre vir liefde, die huwelik en intimiteit. Ek dink nie dit sal tot ’n spesiale geleentheid vanmiddag lei nie, maar die liefde kan enigiets laat gebeur. Al wat ek kan sê is, geniet dit as dit gebeur!

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy is bekommerd oor gesondheidsake en omdat dit die eerste dag van die werkweek is, is jy moontlik ook oor werk besorg. Daar is regtig geen rede tot kommer oor enigeen van dié twee sake nie, want niks slegs sal gebeur nie. Probeer dus ontspan.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die nuwe maan in jou hoek vir die liefde en romanse veroorsaak uitstekende omstandighede hiervoor. Dit is aangenaam, maar hoekom gebeur dit altyd ná die naweek en nie tydens die naweek wanneer jy dit kan benut nie?

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou gedagtes is by jou huis en huislike sake. Die rede hiervoor is jy het die naweek besluit om ’n paar veranderings aan te bring en vandag bekyk jy die feite en syfers om te sien hoeveel die veranderings sal kos, en of dit moontlik is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Om die een of ander rede sal familie belangrik wees. Gewoonlik sal die sterre wat jy het, ’n familielid uit die verlede of van ’n ver plek op die voorgrond bring. Dit klink baie goed, maar daar is komplikasies.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy moet jou aandag by jou geldsake bepaal, maar dit weet jy reeds. Of as jy dit nie weet nie, het jy die naweek nie aandag gegee nie. Die vraag is nou: wat gaan jy doen om seker te maak jy het genoeg geld om goed te lewe?