Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar heelwat aksie en ’n paar suksesse wees. Jy probeer vindingryk wees, maar is oorhaastig en maak dom foute.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het ’n vrugbare verbeelding en ’n goeie verstand, maar hul tydsberekening is swak. Hulle sal of hul tyd vooruit wees of te laat wees om by goeie idees baat te vind. Hulle is geneig tot afgetrokkenheid.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Mercurius en Neptunus is in aanraking met mekaar in jou teken en dit beteken daar sal verwarring heers. Dit maak nie saak wie die verwarring veroorsaak het nie, want eindelik moet jy dit regstel, ongeag wie daarvoor verantwoordelik is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterretema is foute wat jy begaan het en dié wat ander begaan en vir jou gelos het om uit te sorteer. Gelukkig is die Ram goed daarmee om dinge op te los en reg te stel. Spring aan die werk, Ram.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir samesyn met vriende en kollegas. Jy sal met goeie idees vorendag kom om dinge wat om jou aangaan, reg te stel. Die probleem is jy sal heelwat idees hê en moet besluit watter sal werk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar sal goeie sterre wees vir idees wat met werk en verantwoordelikheid te doen het. Dit lyk en klink goed, maar ’n mens sal eers weet nadat jy dit beproef het. Kom ons kyk wat gebeur . . .

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Onlangse korrespondensie of sake wat verband hou met die korrespondensie, sal vandag duidelik raak. Jy vind uit of jy reg was en of jy die kat uit die staanspoor aan die sterk beetgehad het. Ek wed jy was reg!

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Hopelik luister jy nie na ’n geskinder nie, maar vandag hoor jy ’n sappige brokkie en jy kan dit nie ignoreer nie. Wees versigtig; jy kan maklik jou vingers verbrand en wens jy het liewer stilgebly. Sê dus niks.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Ongewone feite wat moontlik lank verborge was, kom aan die lig. Dit sal waarskynlik betrekking hê op jou lewensmaat of iemand na aan jou. Jy is nogal bekommerd, want jy het gedink alles is in die ope en julle het behoorlik daaroor gepraat.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag is daar vreemde omstandighede wat met werk of kollegas te doen het. Dikwels is daar ’n verborge faset van ’n kollega wat na vore kom. Dis nie iets wat jou bekommer nie, maar jy sal verras wees omdat jy dit misgekyk het.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die magiese Neptunus en Mercurius maak kontak in jou hoek vir die liefde en romanse. Hierdie kombinasie sal die towerkrag vermeerder wat reeds in jou hoek vir die liefde is. Dink hieroor na en skep vanaand ’n romantiese atmosfeer.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre vir werk in en om die huis of planne om takies daar te doen. As van die werk verf insluit, sal vandag ’n goeie tyd wees om te kyk vir die kleure wat jy in gedagte het. Dink aan sagte kleure wat ’n gevoel van ontvlugting bied.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dinge gebeur om jou en jy is besig om hulle reg te stel. Vandag is tyd jou grootste struikelblok en nié om al die feite in te win nie. Dis dalk ’n goeie idee om jouself ekstra tyd te gun om die feite en syfers bymekaar te maak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy is weer bekommerd oor geld. Dit lyk nie of jy op die rand van armlastigheid is nie, maar jy sal jou geldsake goed moet beskou en uitwerk hoe en waarvoor jy jou geld moet gebruik. Die bank lyk na die veiligste plek.