Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar goeie sterre vir vooruitgang. Soms laat die sterre wat jy het mens aansienlik wen, maar baie hang van jou persoonlike horoskoop af. Dis dalk wys om gereeld loterykaartjies te koop vir ingeval. Dis ’n goeie jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is geneig om ’n bietjie te vrygewig en vergewensgesind te wees. Hulle het die spreekwoordelike “sagte aanslag”. Hulle is nogal slim in ’n spesifieke veld, moontlik wetenskap of elektronika. Hulle het ’n lewendige verbeelding.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit lyk of jy geen omdraaikans het nie. Dis nie eintlik ’n probleem nie, maar as jy nie nou optree nie, sal jy iets misloop. Jy sal waarskynlik beter daartoe in staat wees as dit jou nie traak nie, want jy het dit nie nodig nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is geneig om terug en vorentoe te kyk, maar dis jou teken: twee visse wat in teenoorgestelde rigtings kyk. Dis nie ’n probleem nie aangesien jy jou bes doen om uit jou foute te leer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met vriende deur te bring en wense te laat waar word. Hierdie sterre sal nie ongekende rykdom veroorsaak nie, maar daar sal goeie omstandighede wees en jy sal baie gelukkig voel. Jy sal gevra word om met ’n vreemde projek te help.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Soms bring die sterre wat jy het bevordering, maar dit gebeur nie dikwels nie. Meestal kom verhoogde aansien saam met dié sterre en iemand streel jou ego. As daar enigiets is waarvan Bulle hou, is dit dat iemand hul ego’s streel.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jou gedagtes is op ver plekke. Jy het die regte sterre om besprekings te maak vir ’n reis na ver plekke. Probeer die besprekings so maak dat die behoeftes van die mense by wie jy betrokke is, in ag geneem word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is vandag ’n effense wanklankie. Wat dit is, is nie duidelik nie, maar dit kan ’n rekening wees waarvan jy vergeet het of dalk het jy gehoop die mense wat dit gestuur het, het daarvan vergeet.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis een van daardie dae dat jy regtig moet probeer saamwerk met mense pleks van alles op jou eie te doen. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, want jy kan die leiding neem en dinge op jou manier gedoen kry – soos jy vandag sal doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dikwels laat die sterre wat jy het, jou olik voel. Dié sterre is nie kragtig genoeg om jou die dag in die bed te laat bly nie, maar hulle is sterk genoeg om jou te laat wens jy is tuis en besig om ’n DVD te kyk.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Hulle is nie goed genoeg om jou dag met ’n namiddagkuiertjie op te helder nie, maar sterk genoeg dat iemand vir jou sal sê jy is spesiaal. Dis lekker; aanvaar dit met hoflikheid.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is by jou huis. Jy dink hoe jy byvoegings of veranderings kan maak wat die lig sal vermeerder. Dalk oorweeg jy dit om dakligte te laat aanbring om donker hoekies helder en bruikbaarder te maak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het gehoop dis ’n stil dag sodat jy jou kan voorberei op die gejaag wat jy weet teen die einde van die week kom, maar ongelukkig is daar geen kans dat dit ’n stil dag sal wees nie. Jy sal hier, daar en orals wees en heelwat vreemde dinge doen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Maak seker jy beheer jou geldsake. Wanneer ek die sterre sien wat jy het, wonder ek altyd oor jou bankrekening en jy behoort ook. Dalk krimp jou geld in die bank of dalk is jy op die punt waar jy ’n beduidende bedrag moet begin spaar.