Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar lyk oor die algemeen goed. Jou sake- of loopbaanvooruitsigte lyk beter en op ’n manier sal jy tot ’n nuwe vlak vorder. Jou persoonlike verhoudings sal verbeter en jy sal gelukkiger wees. Dis ’n goeie jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is baie saggeaard en vrolik. Hulle is dalk nie die middelpunt van die aandag nie, maar hul magnetiese persoonlikheid sal mense aantrek. Hulle sal in letterkunde en die meeste kreatiewe aktiwiteite belangstel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal op die vreemdste tye gaan sit en blykbaar sonder rede aan vervloë tye begin dink. Meestal sal jy dink aan wat jy sou verander as jy kon teruggaan. Is dit nie ’n jammerte dat jy nie kan nie?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir tye saam met vriende en kennisse, maar Donderdag is gewoonlik ’n goeie tyd vir samekomste. Vandag is jy in aanraking met mense wat ietwat ouer as jy is, maar dis steeds ’n lekker dag.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kan baie aksie verwag. Dis ’n ander saak of dit die soort aksie is wat jy wil hê. Maar van een ding kan jy seker wees: Jy sal aan die einde van die dag heeltemal poegaai wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

In ’n sekere opsig word verafgeleë dinge belangrik. Vir sommige Visse is dit omdat jy vir ’n taamlik lang reis gereedmaak. Aangesien jy ’n waterteken is, raai ek jy sal op water reis.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Op die oomblik voel dit jy bestee links en regs geld, maar wees getroos, Ram, dit is die tyd van die jaar dat mense baie geld bestee. Gelukkig dui die sterre aan jy sal gelukkig wees oor wat jy koop.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is ’n dag waarop jy regtig met ander mense moet saamwerk. Ons weet almal jy is ’n alleenmens, maar daar is tye dat jou afgesonderdheid ’n duidelike agterstand kan veroorsaak en vandag is so ’n dag.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

As jy effe olik voel, kan jy jou sterre verkwalik. Gelukkig is die skuldige sterre redelik swak en sal dus nie lang duur nie. Daar is ook goeie sterre vir klein diere of jou troeteldiere.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou geluksgodin sal ’n bietjie geluk jou kant toe stuur. Ek dink nie sy sal veel vir jou doen nie, maar jy sal dalk sien alles verloop gladder en jy kry alles wat jy wil hê. Die aand lyk ook taamlik goed.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal om jou kyk en besluit op ’n verandering van omgewing vir die nuwe jaar. Om dit te doen moet jy ’n paar veranderinge aanbring en sommige goed afsluit. Dit sal jou vandag besig hou, maar dit sal die moeite werd wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag lyk nogal besig. Jy het gehoop dat jy die grootste deel van die dag sosiaal kan verkeer, maar dis nie die geval nie. Die goeie nuus is, al is jy dol besig, sal daar ’n bietjie sosiale aktiwiteit wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy moet jou geldsake nagaan. Jou geldjies lyk min en die Kerstyd lê nog voor. Dit lyk asof jy weer aan jou spaargeld sal moet vat om seker te maak alles verloop vlot.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets begin. Dis ’n ongewone tyd om iets nuuts te begin, maar die Skerpioen geniet vreemde goed op vreemde tye. Die aanduiding is dat jy gelukkig is wanneer jy dié projek eindelik op die been kry.