JOU DAG

Die sterre is gunstig vir proaktiewe optrede in verhoudings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geduldig en aanpasbaar en het ook ’n vrugbare verbeelding. Die volgende 12 maande is die tyd om emosioneel oop te maak en te sê wat jou ware gevoelens is.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre is bevorderlik vir impulsiwiteit in romantiese verhoudings. Party enkellopendes sal met die eerste oogopslag verlief raak, terwyl ander Ramme wat in ’n verhouding is tydelik ’n breek van ’n problematiese verhouding sal vat.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Voel dit of jy tuis ingekort word? Jy het goeie sterre om skoon te maak, op te ruim, op te knap of om jou huidige leefruimte te vergroot sodat dit oper en ruimer is. Bulle het ruimte nodig om asem te haal!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om met ’n uitdagende stokperdjie te begin, aan ’n nuwe sport deel te neem of ’n onontginde nuwe talent by jou repertoire te voeg. Sukses kom deur gesprekke en samewerking met ander.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer proaktief jy is – veral oor gesins- en geldsake – hoe beter sal die dag wees. Die maan is in jou sone vir huishoudelike sake. Rol dus die moue op en raak besig met huistakies.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mars spoor jou aan om take vinnig af te handel, maar Venus, wat agteruit beweeg, maak jou daarop attent om mense en situasies te herwaardeer voor jy inspring. Dis ’n interessante balanseertoertjie!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Logiese Maagd, is daar ’n besluit wat jy moet neem of ’n probleem wat ’n oplossing nodig het? Vandag se sterre moedig jou aan om selfondersoek te doen om die wyse antwoorde te kry waarna jy soek.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die maan is in jou teken. Doen dus vandag iets spesiaals om jou te pamperlang – dalk ’n uitgerekte middagete, tyd in ’n luukse borrelbad of ’n aromaterapiemassering?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dink jy die heeltyd aan bekommernisse by die werk? Voel dit of ’n verhouding met ’n kollega agteruitgaan? Jy kan sake met heelwat geduld en volharding in ’n ander rigting stuur.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit hang van jou ingesteldheid af hoe vandag sal afloop. As jy berekende risiko’s neem, kan jy berge versit. Maar as jy te gejaagd is, sal jy ondeurdagte skuiwe en foute maak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vermy dit om alleen te werk. ’n Kollega of vriend kan jou help op ’n manier wat jy nie kan voorsien nie. Bly oopkop terwyl jy besef hulp van ’n wye verskeidenheid bronne is beskikbaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Hou op kla en probeer iets positiefs doen om sake reg te stel as jou verhouding onder druk is. As jy enkellopend is en liefde wil vind, sal jy proaktief moet wees!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Voel jy in ’n hoek gedryf wat gesondheid, werk en geldsake betref? Probeer ’n heeltemal ander benadering en jy sal ’n opwindende en heeltemal onverwagte nuwe rigting inslaan.