Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG

Dit kan jou gelukkigste jaar van die dekade wees. Dit is ’n tyd waarin omtrent alles vir jou reg verloop. Jou geldsake, status en vooruitsigte verbeter, en jou liefdeslewe lyk ook taamlik goed.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS

Hierdie mens het wonderlike sterre en gaan baie aantreklik en gewild wees. Hy/sy gaan belangstel in die kunste, veral film- of visuele kuns, en gaan in minstens een uitblink. Die mens gaan ’n gelukkige lewe hê.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag se sterre bring gewoonlik ’n tydperk van sosiale bedrywigheid met mense wat jy ken en van wie jy hou. Hierdie sterre kan ook sosiale, romantiese en sakegeleenthede bring wat jy moet benut. Nie sleg vir ’n Maandag nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met die verlede verband hou. As jy jou dus in ’n posisie bevind waar iets vir jou bekend klink, gaan jy weet wat om te doen, want jy was al in die situasie. Jy gaan goeie nuus kry.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die sterre bring vandag sosiale aktiwiteit, wat meestal vriende en kennisse insluit. Wat goed is van vandag, is dat jy makliker tot mense kan deurbring en gevolglik meer samewerking kry.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Soms bring vandag se sterre ’n soort bevordering. Dit gaan jou nie noodwendig in die geld laat rol nie, maar omdat Venus en Jupiter betrokke is, gaan jy baie ingenome met jouself wees en voordeel trek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre is uitstekend vir reis, vakansie en sosiaal verkeer. Dit geld veral as die sosiale aktiwiteite die kerk of filosofiese sake insluit, of selfs ’n organisasie wat met een van of albei hierdie aktiwiteite verband hou.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag gee jou liefdeslewe ’n hupstoot. Is dit nie altyd so nie? Hier is dit Maandag en ’n werkdag en jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Al wat jy kan doen, is om dit tot ’n ander dag te laat oorstaan en ’n bietjie te organiseer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Soms bring vandag se sterre ’n geneigdheid om tot uiterstes te gaan, wat pret gaan wees. Daar is veral goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings, so begin die week op ’n aangename noot.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir werkverwante sake, en aangesien dit Maandag is en werk die laaste ding is waaraan jy dink, moet dinge goed wees. Iemand by die werk laat jou weet hulle bewonder jou of jou werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Venus met Jupiter in jou vyfde hoek kan soms klein oorwinnings bring, maar dit gebeur nie gereeld nie. Dit kan tog steeds die moeite werd wees om ’n kans te waag, net ingeval. Anders lyk hierdie sterre belowend vir die liefde.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit is die begin van ’n nuwe week en die einde van iets. Dit lyk dalk na ’n moeilike kombinasie, maar met Venus en Jupiter betrokke gaan wat ook al gebeur tot jou voordeel strek. Benut die geleentheid.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Dit is ’n goeie tyd om saam met familielede of bure te kuier. Met hierdie sterre is daar dikwels die een of ander sameswering wat jy gaan moet stilhou. Dit kan ’n verjaardagpartytjie vir een van die kleingoed wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag se sterre lyk baie goed vir geldsake. Jupiter en Venus, onderskeidelik die groter en kleiner fortuine, is aan jou kant wat geld en persoonlike besittings betref. Kan jy nou ’n beter kombinasie vra?