Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Opwindende tye lê voor. Daar is skielike gebeure. Dis mooi en verander die rigting van jou lewe ten goede. Koop gereeld loterykaartjies. Jy is vanjaar gelukkig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het briljante sterre. Hulle is nogal slim – dalk selfs geniaal – en het hope dryfkrag. Sukses is dus byna verseker. Hulle is geheg aan die huis en gesin. Hulle het die vermoë om groot te dink en is vrolike mense.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy verander jou roetine. Dis meestal net ’n tydelike verandering, maar sake werk nie uit soos plan nie. Jy sal die veranderings opnuut deurdink selfs terwyl jy besig is om dit te maak. Dit alles lei tot aansienlike verwarring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het vernuwende idees vir werk of vermaak en omdat dit naweek is, raai ek die klem sal op speel val. Die goeie ding is, mense sal gretig wees om hierdie idees te laat werk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jou hoek vir vriendskap sorg vir goeie omstandighede; dus kan dit op hierdie gebied nogal goed gaan. Hierdie sterre sal ook iets meebring wat jy wil hê. Dis iets wat jy al geruime tyd begeer, maar nie kry nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is baie goeie sterre om jou ego en aansien ’n hupstoot te gee. Dit sal jou dag en naweek maak. Vanaand kan daar ’n viering wees. Dis nie duidelik wat dit alles beteken nie, maar jy sal tevrede voel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy vra iemand ’n guns, of met hierdie sterre kan dit andersom wees. Hoe ook al, jy sal bly wees, want sake sal skielik mooi vir jou begin uitwerk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is sake wat jy wil afhandel. Jy weet jy sal daarvoor moet betaal; beskou dus jou geldsake. Met hierdie sterre sal jy waarskynlik ’n verrassing kry wanneer jy kyk wat in jou geldsake aangaan. Hopelik is dit ’n goeie verrassing.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het mededingende sterre, maar gewoonlik pas dit die Weegskaal nie. Jy is nie so mededingend soos ander tekens nie en sal dus nie beïndruk wees nie. Jy sal egter wees wanneer jy wen of verbasend goed vaar.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met diere en tydverdryf te doen het. As jy Wagter of Kietsie vir ’n skou ingeskryf het, kan jy verwag hulle sal goed vaar. Hulle sal nie die wêreldkampioen wees nie, maar sal goed genoeg vaar om jou tevrede te stel.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is wonderlike gebeure soos deur towerkrag. Dit sal die towerkuns van liefde en toegeneentheid wees en jy sal baie gelukkig voel. Jy bring vandag ’n paar veranderings in jou lewe aan – veranderings wat baie goed vir jou sal werk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is daar betekenisvolle veranderings aan jou lewe. Dit sal vir ’n rukkie nogal skrikwekkend wees, maar sodra die stof gaan lê, sal jy sien hierdie veranderings moes lankal gebeur het en kan op lang termyn net goed wees vir jou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal kontak met familielede wees. Daar sal ook verrassende nuus wees, moontlik oor familielede wat gedoen het wat jy nie van hulle sou verwag nie. Jy sal onbepland rondhardloop om sake af te handel.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die klem val op geldsake. Dit bring goeie nuus, hoewel nie so goed soos jy gehoop het nie. Jy kan vandag op klein skaal wen. Moenie op die grotes konsentreer nie, want jy sal dit waarskynlik nie wen nie.