Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n belangrike jaar. Dit is ’n tyd waarin jy oor baie belangrike sake, party selfs lewensveranderend, van mening verander. Jy sal besef jy steun ál meer op kennis en vaardighede wat jy jare gelede geleer het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is verbeeldingryk en kreatief. Hulle kan groot projekte visualiseer en met selfvertroue daaraan werk. Hulle sal welsprekend wees en ’n belang in die geskrewe of gesproke woord hê, meestal die geskrewe woord. Hulle is aantreklik.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag se sterre plaas jou in ’n posisie waar jy na jou houdings en ideale moet kyk. Dit is waar jy besluit wat goed en wat sleg is en dan volgens daardie besluit optree. Dit is nooit ’n maklike taak vir die Weegskaal nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Op ’n manier val die klem vandag op gebeure uit die verlede, veral die foute wat jy gemaak het of die gevolge van ander se foute wat jou geraak het. Dit is tyd vir ’n paar ernstige veranderinge.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se klem is op vriende en vriendskappe. Dit hou dalk verband met die naweek wat om die draai is en jy wat ’n paar aktiwiteite vir die naweek moet reël. Iemand wys hul waardering.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met aansien en ego te doen het. Dit beteken gewoonlik jy kry dit reg om jou aansien en ego ’n hupstoot te gee, wat ’n lekker manier is om die week af te sluit. ’n Bevordering sal lekker wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal besig wees met sake wat verband hou met mense of toestande wat ver van jou af is. Baie dikwels hou hierdie sterre verband met ’n reis of iemand na aan jou wat weggaan. Dit is moontlik môre en jy beplan ’n afskeid.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou huidige sterre bring gewoonlik onverwagte uitgawes, al beteken dit jy moet jou spaarvarkie nader trek of iets anders se paaiement laat oorstaan. Is dit dalk eiendomsbelasting?

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het lieflike sterre vir dinge rakende die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre sal jou nader aan iemand bring en ’n spesiale atmosfeer skep. Dit is ’n goeie manier om die werkweek af te sluit.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vrydae is gewoonlik besig, maar vandag is dit des te meer so. Vandag sal jy meer as gewoonlik hê om te doen en minder tyd om dit in af te handel. Boonop sal mense punteneriger as gewoonlik wees en jy gaan die spit moet afbyt.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar is vandag goeie sterre vir baie dinge. Die meeste van hierdie goeie sterre hou verband met liefde en romanse. Daar is selfs ’n kans vir sommige Tweelinge om iets oor die middag te doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou gedagtes is by jou woning en wat jy kan doen om die atmosfeer te verander. Dit is ’n goeie tyd om hieraan te dink, veral as jy beoog om môre of Sondag die fisieke werk te doen. Dit is nou die tyd om alles in te sit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die klem val op familiesake. Dié sterre bring meestal die een of ander soort samekoms. Beteken dit jy reël ’n verjaardagpartytjie? Het jy ’n verrassingspartytjie oorweeg? Dit kan pret wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die goeie nuus is, jou finansiële posisie is aan die verbeter. Die slegte nuus is, dit verbeter nie baie nie en voor dit regtig baie sal begin verbeter, sal jy sien jy dok meer geld op. Die lewe kan so onregverdig wees.