Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir hierdie jaar, maar daar kan ook strikke vir die onbehoedsames wees. As iets te goed is om waar te wees dan is dit, glo my. Jy sal harder werk, maar die beloning is groot.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het hoë morele en etiese standaarde en verwag dieselfde van ander. Ander se gedrag stel hulle maklik teleur. Hulle is bedrywig en glad nie lui nie. Hulle is ook nogal aantreklik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy het goeie sterre en dis ’n goeie ding, want dis Maandag en die begin van ’n nuwe week, wat altyd ’n moeilike tyd is. Jy moet met nuwe projekte begin, maar van hulle is nog vir jou ’n misterie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk of die meeste van jou werk agter die skerms gebeur. Dit is nie hoe jy dit verkies nie. Jy hou daarvan om op die voorgrond en sigbaar te wees sodat jy kan trots voel dat jy dinge gedoen het wat vir ander moeilik is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre omdat jy saam met vriende en kollegas is. Dit lyk na ’n semiformele samekoms. Dit kan dalk ’n kuier voor Kersfees wees. Soms kan hierdie vroeë partytjies baie jolig wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag kom daar ’n koersverandering. Dit lyk asof jy net van een soort werk na ’n ander beweeg. Dis ’n vreemde tyd van die jaar vir sulke veranderinge, maar met die Waterdraer kan enigiets gebeur.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Sake is nie heeltemal soos jy gedink het dit sal wees toe jy verlede Vrydag met jou werk klaar was nie. Die goeie nuus is, jy is aanpasbaar en kan die verskille hanteer en dit tot jou voordeel plooi. Begin dus daarmee.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Sterre wat geluk bring, skyn na jou. Ek dink nie die sterre sal ekstra geld inbring nie. Dit is nie daardie soort sterre nie. Dit sal dinge vir jou laat gebeur, dinge waaraan jy gewoonlik hard moet werk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy voltooi iets en begin met iets nuuts. Dit kan met die huis te doen hê. Dalk is dit ’n nuwe toestel. Maar ek dink dis liewer van toepassing op ’n stokperdjie of ’n belangstelling.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy sal agterkom jy hardloop meer rond as gewoonlik. Jy hou daarvan om op ’n Maandag op dieselfde plek te bly, maar vandag sal anders wees. Vandag sal jy dinge vir mense doen. Dalk familie?

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir geldsake. Dit kan soms ’n klein wen beteken, maar as dit so is, sal dit regtig baie klein wees. Jy kan verwag dat die goeie nuus iets te doen het met jou bankrekening, wat beter lyk as wat jy verwag het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy begin die week in ’n opgeruimde bui. Jy voel nou al geruime tyd stilweg so, maar hierdie week laat jy mense weet jy dink jy moet jou horisonne verbreed. Sommige leeus sal ’n reisbespreking doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is ’n skynbare fokus op dinge in die verlede. Soms bring die sterre wat jy vandag het, iemand wat lank gelede uit jou lewe geskuif het, terug. Kan dit dalk ’n geliefde uit die verlede wees? Dit klink interessant.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir geld en besittings, veral persoonlike besittings. Hierdie sterre gaan baie dikwels gepaard met nuwe, glansende voorwerpe, soos ’n nuwe kar, selfoon of radio. Dis goeie nuus.