Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar ’n reeks beduidende en meestal skielike of onverwagte veranderinge wees. Party van die veranderinge sal onwelkom wees, maar eindelik sal jy besef dis die beste wat met en vir jou kon gebeur het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense sal baie ondernemend wees. Hulle sal mislukking as ’n oorgang na sukses beskou. Op die ou end sal hulle nogal welaf wees en ’n hoë posisie beklee. Hierdie persone is meestal baie prakties, maar droom van roem en rykdom.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy wou hê, sal gebeur. Dit is waarskynlik iets wat behels dat jy geld kry en tegelyk jou status verbeter. Dis nie so belangrik nie, maar dis lekker dat sake dan en wan vir jou vlot.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir tyd deurbring saam met interessante mense en om interessante dinge te doen. Dit sal jou dalk loon om groen te dra, aangesien dit Sint Patricksdag is en almal anders iets groens gaan aanhê.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar ’n beperking wat jou irriteer. Dis nie so belangrik nie, maar omdat jy ’n Bul is, hou jy daarvan om te voel jy kan doen wat jy wil. Wat dit ook al is wat jou terughou, dit beperk jou beweging.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre om iets te kry wat jy wil hê, maar as jy dink jy gaan dit kry sonder om op ’n manier daarvoor te betaal, maak jy ’n fout. Die goeie nuus is jy sal nie baie hoef te betaal of doen nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis ’n goeie dag om saam met ’n vennoot of groep te werk. Pak jou Lone Ranger-uitrusting weg en raak deel van die gepeupel om dinge gedaan te kry. Die voordeel is jy hoef nie foute wat vandag begaan word, reg te stel nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Werksake sal mense of omstandighede op ver plekke behels, veral plekke in die buiteland. Dis moeilik om te sê presies wat dit beteken, maar jy sal nie beïndruk wees met die verstandelike gimnastiek wat dit meebring nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar is ekstra uitgawes. Maak gereed om diep te grawe om hulle te betaal. Dit lyk asof die uitgawes jong mense behels. Jy gee nie om om te betaal nie, maar geld wat jy vir ander dinge wou gebruik, gaan by die venster uit en dis nie lekker nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Met die sterre wat jy vandag het, sal daar spanning tussen jou en iemand na aan jou wees. Die spanning sal die gevolg wees van kommunikasie of waarskynliker die gebrek daaraan. Moenie aanneem mense weet wat jy dink nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk of jy vandag vryeliker rondgaan. Dit het dalk iets te doen met iemand wat die beperkings verslap waaroor jy die afgelope tyd gespot het. Daar sal onverwagte oproepe of boodskappe wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Af en toe kan jou huidige sterre ’n klein wenkans meebring. Dis dalk ’n goeie idee om met ’n loterykaartjie te waag. Dis Sint Patricksdag; daarom deel jy dalk in die Iere se geluk.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig. Omdat die einde lank vertraag is, het jy begin dink dit sal nooit gebeur nie en jy sal dit wat ook al daarmee heen is, nooit hoef te vervang nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Kommunikasie sal belangrik wees. Dikwels sal die sterre wat jy het, verwarring meebring oor wat gesê en wat bedoel word. Skryf alles wat jy kan neer en hou ’n afskrif. Daar sal vandag ook ’n paar kort uitstappies wees.