Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar verander jy jou lewe handomkeer of dit word vir jou gedoen. Dis die begin van ’n nuwe lewe en manier van dink. Op sekere gebiede begin jy van voor af. Dis ’n baie opwindende tyd.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het al die talent wat nodig is om roem en rykdom te kry, maar bowenal het hulle die ambisie om tot bo te vorder. Dinge sal nie maklik vir hulle gebeur nie en hulle sal dus hul eie geleenthede skep.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die nuwe maan is vandag in jou teken. Dit bring die begin van nuwe omstandighede mee. Hierdie omstandighede sal waarskynlik nie onmiddellik wees nie, maar met verloop van tyd sal jy besef dat dinge eintlik vandag begin het en hiervandaan gevorder het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het ’n paar nuttige idees – dit is oplossings vir kopkrappers wat niemand blykbaar kan uitwerk nie. Nie al jou idees sal werk nie, maar een of twee sal en as jy slim is, sal jy selfs mense kan vermaak deur dit oor te vertel.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vriende sal belangrik wees. Op die een of ander manier sal jou vriende en moontlik ook hul probleme jou vir ’n groot deel van die dag besig hou. Ek dink nie jy sal veel vir hulle kan regkry nie, maar ten minste probeer jy iets doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar sal ’n effense verbetering aan jou algemene aansien wees. Dit lyk nie asof dit vir luukshede sorg nie, maar minstens laat dit jou beter oor jouself voel. Daar is ook goeie sterre om mense te help.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Gelukkige omstandighede heers. Dit beteken nie jy sal in die strate dans nie, maar jy sal goed voel oor die lewe en tevrede wees met hoe mense met jou behandel. ’n Lid van die skoonfamilie het jou hulp nodig.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Werk versigtig met jou geld. Daar is slaggate in die wêreld en vandag is van hulle reg voor jou. Daar is goeie sterre om die omgewing te bewonder. Fokus dus daarop om dit te bewonder en nie geld uit te gee nie.

BOOTSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou reëlings vir vandag is getref en bevestig en alles sal seepglad verloop. Verkeerd! Met jou huidige sterre sal jou reëlings binnekort verander word en jy sal van voor af moet begin.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Werksake dreig om jou te oorweldig. Jy was die afgelope tyd al ’n paar keer in dié situasie, maar vandag volg jy ’n meer pragmatiese benadering en dit sal werk. Daarna kan jy agteroor sit en ontspan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die nuwe maan in jou vyfde sonhoek sal goeie omstandighede vir liefde en romanse meebring. Hoekom doen jy nie iets baie romanties nie? ’n Intieme ete vir twee is ’n goeie begin. Dis omstandighede waarvan ons almal hou.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal veranderinge in jou huis wees. Dit behels meestal sekere dinge se einde en ander se begin. Gewoonlik is dit van toepassing op huishoudelike toestelle wat uitgedien is en vervang moet word.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is ’n paar take op jou lysie en jy sal ’n groot deel van die dag bestee aan reëlings om die take te doen of minstens van hulle. Wees rustig, Ram, jy wil sake nie verongeluk voor jy alles afhandel nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se gebeure sal jou geldsake beïnvloed. Dit sal waarskynlik nie op ’n slegte manier wees nie, maar jy het die afgelope tyd ’n paar uitgawes gehad en jy het nie nog dinge nodig wat ’n las op jou spaargeld is nie. Jy voel vandag gelukkig en daar is interessante maar duur voorvalle.