Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre vir sport, kuier en die kunste.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van loopbaankwessies gebore. Dit is belangrik dat jy altyd uitdagende doelwitte het en dat jy daaraan werk om dit te bereik. Die volgende 12 maande is fantasties vir geldsake.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy voel vandag geliefd en geniet dit om met kinders, tieners of vriende te gesels. Dis ook ’n fantastiese dag om iets te doen waarvan jy regtig hou – soos sport of ’n gunsteling-stokperdjie.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Vandag is ’n goeie dag om kwaliteittyd saam met familie deur te bring, jouself tuis te vermaak of om take by die huis aan te pak. Hou jou voete op die grond wanneer jy met geldsake besig is.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Dis die volmaakte dag om op datum te kom met die nuutste nuus en skindernuus. Verwag baie oproepe, e-posse, SMS’e en twiets. Moenie toelaat dat ’n sjarmante kollega of kliënt jou op ’n dwaalspoor bring nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is in ’n vrygewige bui. Jy kuier saam met vriende en help iemand wat hulp nodig het. Iets moois vang dalk jou oog, maar kan jy dit regtig bekostig?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou oorredingsvermoë is vandag sterk en jy bekoor iemand so dat jy in hul hart kruip. Jy is ook in die bui vir oordaad deur kos, drank, romanse en inkopies!

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Ander vereis jou onverdeelde aandag en jy wil nie nee sê en hulle sleg laat voel nie. Jy het beslis tyd op jou eie nodig sodat jy kan herlaai, want jy is uitgeput.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

As jy in ’n verhouding is, maak seker jy en jou maat voel dieselfde oor ’n groot doelwit. Enkellopendes moet onderskei tussen ’n droomafspraak en ’n telleurstellende een.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Sluk jou trots en probeer om verwarrende konflik tussen jou en ’n geliefde uit te sorteer. As jy jou aandag daarop toespits, kan jy sekerlik iemand se arm draai.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Jy is lus om vandag omtrent alles in die oortreffende trap te doen. Jy is ook gewillig om ander te help – met goeie bedoelings. Moenie meer belowe as wat jy kan doen nie.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan)

Met die son, Mercurius en Mars almal in jou verhoudingsone is die fokus nie op jou nie, maar op jou geliefdes. Probeer om ’n huidige situasie vanuit hul oogpunt te beskou.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die maan en Venus dra by daartoe dat jy met ongewone sensitiwiteit met ander identifiseer. Takel daardie gesprek met ’n moeilike tiener of bespreek diep en sinvolle dinge met jou maat.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis tyd om jouself te bederf. Troetel jou liggaam met ’n spesiale behandeling soos ’n professionele pedikuur, ’n goeie massering of ’n lang, luukse aromaterapiebad.