Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die volgende maande sal jy dinge van ’n afstand af reël. Jy sal dus op die foon besig wees, briewe skryf en kontrakte onderteken. Dis die begin van iets groots.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is die heeltyd aan die gang, maar op ’n produktiewe manier. Hulle is goed met hul hande en kan items van groot kuns- en geldwaarde skep. Hulle is aantreklik en baie gewild.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis nie dikwels dat jy stellings maak wat jy nie met feite en syfers kan ondersteun nie, maar vandag is jy geneig om dit te doen. Natuurlik is daar iemand slim wat gou-gou jou betwisbare stellings bevraagteken.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die afgelope tyd pla iets jou en vandag is dit voorop in jou gedagtes. Jou bekommernis sal geregverdig word, maar net in ’n mate. In die algemeen verloop dinge in jou guns en die lewe lyk goed.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag se sterre bring gelukkige omstandighede. Dit beteken nie jy sal heeldag in die straat dans nie, maar dit beteken jy sal goed voel oor jouself en die lewe. Jy kry goeie nuus oor ’n vriend of vennoot.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Soms is dit belangrik om te luister na wat mense sê en vandag is een van daardie dae. Luister goed en jy sal op ’n klein skat afkom – ’n skat wat jy in die nabye toekoms sal kan gebruik.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Goeie nuus is op pad. Dit lyk of dit nuus van of oor ’n familielid of dalk bure is. Wat dit ook al is, dit sal jou nie direk betrek nie, maar die uitkoms sal naby wees aan wat jy regtig wil hê. Geniet dit!

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Met jou huidige sterre kan dit een van daardie dae wees dat jy vir jouself ’n wegkruipplek moet kry waar jy met jou neus in ’n boek kan sit en vergeet wat in die wêreld en om jou aangaan.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

As jy die goeie sterre gebruik wat vandag na jou kant toe skyn, sal jy probleme oplos wat die meeste sogenaamde kundiges nie eens verstaan nie. Dit is goed, maar dis selfs beter om ’n lae profiel te handhaaf wanneer jy dit alles afgehandel het.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy dink diep oor werksake. Dikwels is die sterre wat jy nou het ’n voorloper van ’n verandering van werk. Dalk begin kyk jy na ander werk of maak iemand jou ’n aanbod wat jy nie kan ignoreer nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre bring geleenthede vir ’n namiddagkuiertjie of as dit nie gebeur nie, is daar goeie omstandighede vir aandete en iets daarna. Neem iets saam huis toe wat jy weet gewaardeer sal word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy is besig met ’n projek en dit lyk of dit of tot ’n hoogtepunt of ’n einde kom. Uit jou oogpunt lyk albei alternatiewe goed. Jy sal dus gretig wees dat iets moet gebeur en dit sal.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die sterre wat jy het sal sorg dat jou grysstof gestimuleer word en jy sal oplossings kry vir probleme wat nog nie eens kop uitgesteek het nie. Dit behoort jou reputasie goed te doen. Moet dus nie jou lig onder ’n maatemmer verberg nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dinge verander en jy sal moet kyk in watter rigting jou geldsake gaan, maar dié tyd van die jaar is dit heel normaal. Gelukkig is dinge beter as wat dit lyk. Moet dus niks doen wat jy nie ongedaan kan maak nie.