Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy word vanjaar omring deur gelukkige sterre. Soms bring hierdie sterre wengeld, maar meestal lei dit tot verbeteringe deur gebruik te maak van die geleenthede wat or jou pad kom. Jy beproef ’n nuwe denkpatroon.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n goeie verbeelding en waardeer alle vorme van skoonheid. Hulle is kreatief en het uitstekende smaak in alles. Hulle het gewoonlik goeie oordeel met mense en situasies. Hulle is geneig tot eerlikheid en regverdigheid.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets wat jy wou hê, gebeur vir jou. Dis moeilik om te bepaal wat dit beteken, maar gewoonlik is dit iets persoonliks. Dit hou dalk verband met ’n stokperdjie of belangstelling wat jou die afgelope ruk interesseer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Mense sal geneig wees om oorhaastig te wees, maar dit is nie hoe die Steenbok te werk gaan nie; almal sal dit vandag sien. As ek jy was, sou ek alles stilletjies doen – dis sinneloos om mense die harnas in te jaag wat jou bondgenote kan wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met ou vriende deurbring; die klem val op “ou”, want die mense sal ouer as jy wees en dit sal vriende wees wat jy al jare lank ken. Daar is ook goeie sterre vir wense bewaarheid.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar sal verwagte uitgawes wees, maar jy sal wens dat dit liewer eers ná die feestyd wou opduik. Dit lyk asof jy maar sal moet opdok. Wanneer jy iets koop, moet jy daarvoor betaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre vir sukses in gebiede wat oor die algemeen min sukses oplewer. Hoekom stel jy nie ’n paar onmoontlike doelwitte en jaag dit na nie? Ek dink jy sal verbaas wees oor hoe alles vir jou uitwerk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die tyd is geleë vir geestelike en intellektuele aktiwiteit, maar veral op diepgaande intellektuele gebiede. Jy sal oor die onweegbare besin en met ’n paar antwoorde vorendag kom. Die antwoorde sal dalk nie reg wees nie, maar wie gee om?

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die maan is in jou hoek vir romanse en die liefde en dit sal stof tot nadenke oplewer. Dalk kan jy sake verbeter deur soos jou maat te dink. Ek weet dis nie maklik nie, maar as enigeen hulle kan aanpas, is dit die Tweeling.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal klein veranderinge in jou daaglikse roetine wees; meestal handel jy talle projekte af met die oog op die feestyd. Dit is dalk nie die beste tyd vir verandering nie, maar jy gee nie om nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het mooi sterre. Die maan is in die hoek wat verband hou met familielede of bure, en Jupiter is in jou teken. Buiten die materiële inkomste wat hierdie kombinasie kan teweegbring, behoort Jupiter in jou teken jou gelukkig te maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring onsekerheid wat geldsake betref. Jy dink jy het genoeg in die bank om jou uitgawes te dek, maar jy is nie seker nie. Jy gaan jou saldo na, maar is steeds nie seker hoeveel nog afgetrek moet word nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou sterre sal jou vandag meer selfvertroue en geesdrif gee. Dit is nie normaal vir die Weegskaal nie; jy verkies gewoonlik dat ander die voortou neem terwyl jy terugstaan en alles stilletjies afhandel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit is nie jou beste dag vir geldsake of sakeaktiwiteite nie. Jy het Saturnus in jou teken en daar blyk vandag oponthoud te wees, ongeag wat jy doen om sake aan te help. Nou het jy geduld nodig.