JOU DAG

Streef na georganiseerdheid, dissipline en onderskeidingsvermoë.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van mag gebore en dit sal vir ander moeilik wees om jou te ignoreer. Die volgende 12 maande is dit tyd om aan jou innerlike groei en uiterlike sukses te werk.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die weerbarstige Ram verkies ’n spontane benadering, maar jy sal vind die een of ander soort daaglikse roetine sal jou help om projekte meer produktief en op ’n aangenamer manier af te handel. Daar is ruimte vir albei!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die bui om met kinders, tieners en vriende te gesels en saam met ander aan projekte te werk. Of jy nou praat, boodskappe of e-posse stuur of twiet, hou die kommunikasie aan die gang.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Gesinslid help jou om ’n huidige situasie vanuit ’n nuwe hoek te beksou. Moenie voel jy moet op jou eie ’n oplossing vind nie. Daar is heelwwat ondersteuning om jou waarop jy kan staatmaak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal praktiese resultate kry as jy op ’n positiewe, bemoedigende manier met ander praat. Jy sal die vrugte pluk as jy hard werk aan gesamentlike projekte en geduldig is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mars beweeg deur jou teken tot 25 September en versterk jou motivering, selfdissipline en aantrekkingskrag. Maar dit versterk ook jou besitlike, koppige kant.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Selfverbetering is jou ding en dit is tyd om jou styl en gesindheid te herdefinieer. As mede-Maagd het Leonard Cohen gesê: “Tree op soos jy wil wees en binnekort sal jy wees soos jy optree.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Wees vandag geduldig. As jy jou navorsing doen en aanlyn rondkyk, sal jy op ’n winskopie afkom. Jy voel selfvoldaan en tevrede wanneer jy presies wat jy wil hê teen ’n verminderde prys koop.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wees sterk, Skerpioen. Mislukking spoor jou aan en herdefinieer jou. Put inspirasie uit die grootskermlegende Mickey Rooney se woorde: “Op die pad na sukses beweeg jy altyd verby mislukking.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Beskou ’n professionele probleem, werkkwessie of huishoudelike drama van die kantlyn om ’n breër perspektief te kry. Dan sal jy presies weet wat om volgende te doen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die dag het potensiaal om ’n groot een te word – solank jy nie klein irritasies in die pad van groot projekte laat kom nie. Befoeterdheid is uit en positiewe produktiwiteit is in!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is vandag in die kollig. Maak seker jy is op jou professioneelste as jy op die een of ander manier met die publiek werk. Selfversekerdheid is brandstof wat jou ver sal neem.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie voel jy moet ’n probleem heeltemal op jou eie aanpak nie. Daar is heelwat mense om jou wat wag om jou te help. Al wat jy moet doen, is om die moed bymekaar te skraap om hulle te vra.