Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar is daar goeie sterre vir jou, maar jy gaan harder en langer ure moet werk. Gelukkig is die gevolg van hierdie harde werk die moeite werd. Jy moet belangrike dokumente onderteken.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal geneig wees om hom te veel te bekommer en hom veral te bekommer oor situasies waaraan hulle niks kan doen nie. Hulle gaan ambisieus en ondernemend wees, maar sal swak tydsberekening hê en gevolglik baie geleenthede misloop.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die maan steek in sy finale kwart jou middehemel oor en dit bring jou na die laaste fase van iets waaraan jy gewerk het. Dit kan werk, ’n stokperdjie of belangstelling wees. Wat dit ook al is, dit laat ’n gaping in jou lewe.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie toestande vir reis, veral oor lang afstande. En aangesien jy ’n waterteken is, sou ek raai jy sal aan ’n reis op die water dink. ’n Rit op ’n plesierboot sal lekker wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag lewer een of twee van daai gevreesde venstertjiekoeverte op. Nog voor jy dit oopmaak, weet jy wat dit is. Jy weet ook jy gaan moet opdok, al laat dit jou spaargeld heelwat krimp.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring goeie sterre vir die huwelik en intimiteit. Wat ’n jammerte dat dit ’n weekdag is. Jy kan steeds hierdie sterre benut en ’n intieme ete vir twee reël. Sake begin goed lyk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar kan ’n tydrowende krisis by die werk wees. Dit is die soort probleem wat jy eintlik op ’n Vrydag verwag. Dit is ’n bewys dat ’n krisis enige tyd kan toeslaan, selfs op ’n rustige Donderdag.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die maan se laaste kwart val in jou hoek vir romanse. Dit is goed, maar daar bestaan ook ’n kans op spanning. Dit sal nie lank duur nie en wanneer jy later daaroor nadink, sal dit baie simpel lyk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is aanduidings dat iets einde se kant toe staan, maar dit is onbekend wat eindig. Dit sal iets heel kleins wees, maar iets wat jou aandag en vaardige aanpassing vereis.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se sterre bring baie aksie. Jy sal besig wees met reëlings tref, maar meestal kry jy nie presies wat jy wil hê nie. Nie dat dit vir jou ’n verrassing sal wees nie. Die aand lyk wel goed.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy moet mooi kyk na jou geld en waardevolle besittings. Jy sal nie iets verloor nie, maar jy kan val en iets waardevols breek. Jy kan ook iets teen ’n hoë prys koop en nie jou geld terugkry nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is weer in ’n moeilike posisie. Jy is in die laaste tyd gereeld in sulke situasies, so dis niks nuuts vir jou nie. Al probleem is, ongeag watter keuse jy ook al maak, jy bly aan die verloorkant.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

’n Fout wat jy lank gelede gemaak het, kom nou terug om by jou te spook. Moenie bekommerd wees nie; dit is nie so erg nie. Hierdie fout sal jou net in die verleentheid plaas.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met kolleges. Wanneer hierdie sterre op ’n werkdag val, beteken dit gewoonlik iemand verlaat die span of verjaar en iemand bring ietsie lekkers te ete.